|
Konsepkontrole: Bestuiwing Die meeste plante is lewenslank vasgewortel op een plek en kan nie van een plek na die volgende beweeg nie. Wanneer dit tyd word om te reproduseer, kan hulle nie na bevrugters gaan soek nie. Plante het agente nodig om die stuifmeel, wat die manlike reproduktiewe selle van blomme bevat, na die vroulike reproduktiewe organe in ander blomme oor te dra. Dit word bestuiwing genoem. Hierdie stadium is lewensnoodsaaklik by die reproduksie van alle saaddraende plante.
|
| Wat is bestuiwing? |
| Beskerming van die kosbare stuifmeel |
| Plante moet die stuifmeel droog hou en verhoed dat dit nie deur reën en dou weggespoel word nie. Die plante op die plakkaat beskerm stuifmeel op ‘n aantal verskillende maniere: |
| Kruisbestuiwing is beter as selfbestuiwing | ||||||
|
Die meeste plante vermy selfbestuiwing. By selfbestuiwing kan genetiese swakhede, wat in die moederplant teenwoordig kan wees, in toekomstige geslagte opduik. Sommige plante met genetiese swakhede kan hulleself bestuif, maar nogtans gesonde saad produseer. Maar op die lang duur moet alle plante kruisbestuif word om diversiteit in die spesies te kan volhou. Hierdie diversiteit stel die plante in staat om deur natuurlike seleksie by veranderinge in die omgewing aan te pas. |
|
||||
| Selfbestuiwing kan nie by surings plaasvind nie | |
| |
| Bestuiwing by diere | |
|
Plante sal tot uiterstes gaan om diere sover te kry om hulle te bestuif:
In hierdie afdeling sal ons uitvind hoe sommige van die plante op die plakkaat bestuif word. Soek plante en bestuiwers in jou omgewing en probeer vasstel hoe blomme hul bestuiwers aanlok en beloon. |
|
|
Ontmoet Kaapstad se suikerbekkies |
|
Suikerbekkies is klein voëltjies met lang, krom snawels. Hulle drink
die nektar van buisvormige blomme en bestuif hulle dan. Suikerbekkies
drink so baie nektar dat hulle spesiale niere nodig het om al die
vloeistof te filtreer! |
| Die koningskandelaar en die jangroentjie | |||||
|
| ||||
| Besige bye | ||
|
Verskillende tipes bye bestuif verskeie inheemse blomme.
| |
| Teringbos en houtkapperbye | |||||
|
| ||||
| Moederkappies, gesiggies en olieversamelaar-bye | ||
|
| |
| Moederkappies, gesiggies en olieversamelaar-bye | |||||
|
| ||||
| Moederkappies, gesiggies en olieversamelaar-bye | |||||
|
Sending uitgevoer!
'n Bedreigde orgidee: Soek twee moederkappie-orgideë op die plakkaat: die Pterygodium catholicum kom taamlik algemeen voor, maar die Pterygodium cruciferum word bedreig. Kan jy die verskil tussen die twee opmerk? | ||||
| Bestuiwingsgildes | |
'n Groep verskillende blomme wat eners lyk en dieselfde bestuiwer het, is
as bestuiwingsgildes bekend. Ons het reeds twee bestuiwingsgildes teëgekom:
Soek nog 'n bestuiwingsgilde in die renosterveld-afdeling van die plakkaat. Die witringkelkiewyn (Geissorhiza radians) en die rooiblou bobbejaantjie (Babiana rubrocyanea) lyk baie eners en word albei deur dieselfde spesie vleesvlieg bestuif. Ongelukkig moet die vroulike vleesvlieë bloed suig om die hoeveelheid proteïene te verkry wat vir die produksie van eiers noodsaaklik is. |
|
| Bestuiwing deur vlieë | |
|
Die langtongvlieg en sy bestuiwingsgilde
o 'n Groep fynbosblomme word deur 'n eienaardige vlieg met 'n baie lang tong bestuif. Die super langtongvlieg [Moegistorhynchus longirostris] se tong word tot 8 cm lank – dit is vyf keer so lank soos sy hele lyf! o Die vlieg word gelok deur die bleek blomme met rooi vlekke. Hulle word op die plakkaat aangetoon: die langpypie (Gladiolus angustus), pypkalossie (Ixia paniculata) en die pienk koringblom (Lapeirousia anceps). Al hierdie blomme het lang, smal buise waarin die nektar geproduseer word. o Die vlieg kan sy tong in hierdie pype/buise af steek en die nektar uitsuig terwyl hy vlieg. Gelukkig blom hierdie plante in die lente wanneer daar redelik min wind is. Dit vergemaklik die vlieg se taak. o Hierdie vlieg is deesdae in baie dele van Kaapstad se laaglande uitgesterf. Wat dink jy sal gebeur met die blomme wat deur hom bestuif was?
| |
| Die wit disa – 'n pragtige bedrieër | |||||
|
| ||||
| Krulletjies en vleesvlieë | |||||
|
| ||||
| 'n Simbiotiese verhouding | |
|
Die bestuiwing van plante deur diere is 'n goeie voorbeeld van wat ekoloë simbiose noem. 'n Simbiotiese verhouding is 'n hegte verhouding tussen twee verskillende spesies waaruit minstens een van die lede voordeel trek. Daar is drie tipes simbiose:
|
|
| Bestuiwing deur wind | |||||
|
| ||||