Konsepkontrole: Bestuiwing

Die meeste plante is lewenslank vasgewortel op een plek en kan nie van een plek na die volgende beweeg nie. Wanneer dit tyd word om te reproduseer, kan hulle nie na bevrugters gaan soek nie. Plante het agente nodig om die stuifmeel, wat die manlike reproduktiewe selle van blomme bevat, na die vroulike reproduktiewe organe in ander blomme oor te dra. Dit word bestuiwing genoem. Hierdie stadium is lewensnoodsaaklik by die reproduksie van alle saaddraende plante.

 

 

 

 

 

 

Wat is bestuiwing?

 

 

 

 

 

 

Nadat die stuifmeel op die stempels van ander blomme van dieselfde tipe beland het, groei lang buise uit die stuifmeelkorrels. Hulle groei binne-in die stele na ondertoe, net soos klein worteltjies deur die grond groei. Hulle bereik die eiertjies binne-in die eierstokke en stel die manlike reproduktiewe selle vry. Bevrugting vind plaas wanneer die manlike selle die vroulike reproduktiewe selle in die eierstokke bevrug. Die eierstokke kan dan tot vrugbare saad ontwikkel.

 

Blomstruktuur

 

 

 

 

 

 

 

 

Beskerming van die kosbare stuifmeel
Plante moet die stuifmeel droog hou en verhoed dat dit nie deur reën en dou weggespoel word nie. Die plante op die plakkaat beskerm stuifmeel op ‘n aantal verskillende maniere:

 

 

 

 

 

 

Kruisbestuiwing is beter as selfbestuiwing
Selfbestuiwing
Die meeste plante vermy selfbestuiwing. By selfbestuiwing kan genetiese swakhede, wat in die moederplant teenwoordig kan wees, in toekomstige geslagte opduik. Sommige plante met genetiese swakhede kan hulleself bestuif, maar nogtans gesonde saad produseer. Maar op die lang duur moet alle plante kruisbestuif word om diversiteit in die spesies te kan volhou. Hierdie diversiteit stel die plante in staat om deur natuurlike seleksie by veranderinge in die omgewing aan te pas.

Wat is gene?

Kruisbestuiwing

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Selfbestuiwing kan nie by surings plaasvind nie

  • Surings (Oxalis-spesies) is helderkleurige blomme wat in groepe uit ondergrondse bolle groei.
  • ‘n Enkele suringplant kan deur vegetatiewe reproduksie 'n groep plante vorm. Dit beteken dat al die blomme in die groep geneties dieselfde is. Hierdie individue wat almal dieselfde gene het, word klone genoem.
  • Indien stuifmeel van een blom na die volgende blom van dieselfde kloon oorgedra word, word dit nog steeds as ‘selfbestuiwing’ beskou. Hoe voorkom surings dus selfbestuiwing?

Probeer die volgende ondersoek

 

 

 

 

 

 

Bestuiwing by diere

Plante sal tot uiterstes gaan om diere sover te kry om hulle te bestuif:

  • Hulle trek die aandag van bestuiwers met kleurvolle blomme met patroonontwerpe, wat as advertensieborde dien.
  • Hulle lok insekte met verskeie aanloklike reuke.
  • Hulle bied bestuiwers belonings aan vir hul dienste.
  • Die struktuur van verskillende blomme pas sekere bestuiwers.

In hierdie afdeling sal ons uitvind hoe sommige van die plante op die plakkaat bestuif word. Soek plante en bestuiwers in jou omgewing en probeer vasstel hoe blomme hul bestuiwers aanlok en beloon.

 

 

 

 

 

 

Kan jy soos ’n by sien?
Verskillende groepe diere sien lig en kleur verskillend. Ons sien kleure wat strek van rooi tot geel en van groen tot pers. Dit noem ons die sigspektrum. Sommige diere kan nie al die kleure in ons sigspektrum sien nie, maar hulle kan sommige golflengtes van lig sien wat ons nie kan sien nie (bv. ultraviolet).

Die meeste voëls kan die kleur rooi sien, maar net sommige insekte kan die verskil tussen groen en rooi onderskei. Bye kan ultraviolet lig sien, wat weer vir voëls en mense onsigbaar is.

Skuif jou muis oor die foto om te sien hoe die by die blom dalk mag sien.

 

 

 

 

 

 

 

 

Ontmoet Kaapstad se suikerbekkies

Suikerbekkies is klein voëltjies met lang, krom snawels. Hulle drink die nektar van buisvormige blomme en bestuif hulle dan. Suikerbekkies drink so baie nektar dat hulle spesiale niere nodig het om al die vloeistof te filtreer!
 

 

 

 

 

 

 

Die koningskandelaar en die jangroentjie
Die koningskandelaar Die jangroentjie-mannetjie sonder sy broeivere
  • Die koningskandelaar (Brunsvigia orientalis) produseer groot, rooi blomkoppe in die laatsomer en vroeë herfs. Teen hierdie tyd van die jaar is daar baie min ander plante in die veld wat blom. Die jangroentjie is die belangrikste bestuiwer van hierdie blom. Die blom en sy bestuiwer pas op baie maniere by mekaar aan.
    • Die rooi kleur van die blom lok suikerbekkies aan omdat hulle rooi maklik raaksien.
    • Die plant is groot en het sterk stamme en blomstingels wat as slaapstokke vir voëls dien.
    • Die grootte en vorm van die buis van die blom pas by die grootte en vorm van die voël se snawel.
    • Die blom is reukloos en die meeste voëls het nie reuksintuie nie.
    • Die blom produseer baie nektar; voëls drink nektar.

    Vraag

 

 

 

 

 

 

 

Rooibandsuikerbekkies is rowers!
Rooibandsuikerbekkies het korter snawels as jangroentjies en hulle bestuif blomme met korter nektarbuise. Hulle snawels kan nie die nektar van blomme met lang buise, soos dié wat deur jangroentjies bestuif word, bereik nie. Maar kyk na die prente hier onder om te sien hoedat hulle dit nogtans regkry om nektar by hierdie blomme te steel sonder om hulle te bevrug:

 

 

 

 

 

 

Besige bye
'n Heuningby op 'n bruinsalie wat 'n groter insek of voël vereis om die bestuiwingsmeganisme aan die gang te sit.

 

Verskillende tipes bye bestuif verskeie inheemse blomme.

  • Gewone heuningbye (Apis mellifera) bestuif baie blomme. Hulle versamel sowel nektar as meeldrade waarmee hulle dan die klein larwes in die byekorf voed.
  • Die heuningby kan nie rooi raaksien nie, maar word deur geel, blou en pers blomme gelok. In die ultraviolet deel van die spektrum kan hulle ook golflengtes van lig raaksien, wat ons nie kan sien nie.
  • Die onderste dele van die blousalie (Salvia africana-caerulea) of die bruinsalie (Salvia africana-lutea) is vir die bye 'n gerieflike plek om op te land.
  • Die ontwerp van die meeldrade is ongewoon: die meeldrade draai soos 'n wipplank op en af op 'n kort filament (helmdraad). Wanneer die bye op die onderpunte van blomme kruip om nektar te drink, druk hulle 'n hefboom af en die meeldrade swaai afwaarts terwyl hulle stuifmeel op die rugkant van bye laat beland, waar dit vaskleef.

Probeer hierdie ondersoek

 

 

 

 

 

 

Teringbos en houtkapperbye
'n Houtkapperby op 'n Polygala sp-blom Die teringbos
  • Die teringbos (Orphium frutescens) groei in sand naby die kus. Gedurende die somer lok die blink, helderpienk blomme groot houtkapperbye (Xylocopa caffra).
  • Houtkapperbye kry hul naam van die feit dat hulle letterlik gaatjies in bome en in hout kap en hul eiertjies in die gleuwe van die hout lê.
  • Hierdie bye versamel stuifmeel op 'n ongewone wyse; dit word gonsbestuiwing genoem.
    • Die by klou aan die tros heldergeel, verstrengelde stempels in die middel van die teringbosblom en vibreer sy vlerke ongeveer twee sekondes lank terwyl hy 'n harde gonsgeluid maak.
    • Die gegons veroorsaak dat die stuifmeel binne-in die stempels vibreer en uit 'n porie op die punt van elke stempel uitskiet en die onderkant van die by bedek.
    • Wanneer die by 'n ander blom besoek, vryf die stuifmeel op die stamper af.
  • Heuningbye bestuif ook blomme in die ertjie-familie, maar in sulke gevalle soek hulle nektar en nie stuifmeel nie.

 

 

 

 

 

 

 

Moederkappies, gesiggies en olieversamelaar-bye
Olieversamelaar-bye
  • Sommige Kaapse blomme lok hul bestuiwers met olie in plaas van nektar as beloning.
  • Olieversamelaar-bye (Rediviva species) het lang voorbene met klein borseltjies aan die pote om olie op te slurp. Wetenskaplikes doen navorsing oor hierdie bye om uit te vind of hulle hul jong bytjies met die olie voed en of hulle dit as waterdigting in hul neste gebruik.
  • Daar is twee voorbeelde van plante wat olie produseer:
    • Geel gesiggies (Hemimeris racemosa): Hierdie klein jaarplantjie met geel blomme produseer olie in twee gate aan die agterkant van die blom. Verskeie verskillende spesies van olieversamelaar-bye kan die gesiggie bestuif.
    • Moederkappies (Pterygodium catholicum): Hierdie redelik algemene meerjarige orgidee met geel blomme, het 'n eienaardige reuk en produseer olie in 'n spesiale uitgroeisel. Slegs een spesie, die olieversamelaar-by van renosterveld (Rediviva peringueyi) bestuif moederkappies.

 

 

 

 

 

 

Moederkappies, gesiggies en olieversamelaar-bye
Die moederkappie (Pterygodium catholicum) Die geel gesiggie (Hemimeris racemosa)
  • Buiten die produksie van saad (seksuele verhouding) produseer moederkappies ook ondergrondse bolle (vegetatiewe reproduksie). Hulle kan daarom baie jare lank reproduseer en oorleef, selfs al word hulle nie bestuif nie.
  • Nog 'n orgidee, bekend as die babakappie (Disperis cucullata) word ook deur die olieversamelaar-by van renosterveld (Rediviva peringueyi) bestuif. Hierdie orgidee reproduseer sowel vegetatief as deur saadbestuiwing. As dit nie bestuif word nie, sal dit nie saad produseer nie en sal daarom nie kan reproduseer nie.
  • Die olieversamelaar-bye van renosterveld (Rediviva peringueyi) kom op Tygerberg voor, maar is op Seinheuwel uitgesterf. Sal 'n babakappie op Seinheuwel aangetref word?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Moederkappies, gesiggies en olieversamelaar-bye
Die moederkappie (Pterygodium catholicum) Die moederkappie (Pterygodium cruciferum)
Sending uitgevoer!
  • Orgideë produseer stuifmeel in klein sakkies. Wanneer 'n bestuiwer 'n orgidee besoek, verwyder hy die hele stuifmeelsakkie en neem dit vir bestuiwing na die volgende orgidee.
  • Om te verhoed dat bye blomme ná bestuiwing besoek, word die moederkappie-orgidee se blomblare ná bestuiwing rooi. Bye merk nie die rooi kleur op nie. Hulle sien dus nie die orgidee raak nie en lê nie meer daar besoek af nie.

'n Bedreigde orgidee:

Soek twee moederkappie-orgideë op die plakkaat: die Pterygodium catholicum kom taamlik algemeen voor, maar die Pterygodium cruciferum word bedreig. Kan jy die verskil tussen die twee opmerk?

 

 

 

 

 

 

 

 

Bestuiwingsgildes
'n Groep verskillende blomme wat eners lyk en dieselfde bestuiwer het, is as bestuiwingsgildes bekend. Ons het reeds twee bestuiwingsgildes teëgekom:
  • Rooi nektarproduserende blomme wat deur suikerbekkies bestuif word.
  • Geel olieproduserende blomme wat deur oieversamelaar-bye bestuif word.

Soek nog 'n bestuiwingsgilde in die renosterveld-afdeling van die plakkaat. Die witringkelkiewyn (Geissorhiza radians) en die rooiblou bobbejaantjie (Babiana rubrocyanea) lyk baie eners en word albei deur dieselfde spesie vleesvlieg bestuif.

Ongelukkig moet die vroulike vleesvlieë bloed suig om die hoeveelheid proteïene te verkry wat vir die produksie van eiers noodsaaklik is.

Die witringkelkiewyn (Geissorhiza radians) Die rooibloubobbejaantjie (Babiana rubrocyanea)

 

 

 

 

 

 

Bestuiwing deur vlieë

Die langtongvlieg en sy bestuiwingsgilde

o 'n Groep fynbosblomme word deur 'n eienaardige vlieg met 'n baie lang tong bestuif. Die super langtongvlieg [Moegistorhynchus longirostris] se tong word tot 8 cm lank – dit is vyf keer so lank soos sy hele lyf!

o Die vlieg word gelok deur die bleek blomme met rooi vlekke. Hulle word op die plakkaat aangetoon: die langpypie (Gladiolus angustus), pypkalossie (Ixia paniculata) en die pienk koringblom (Lapeirousia anceps). Al hierdie blomme het lang, smal buise waarin die nektar geproduseer word.

o Die vlieg kan sy tong in hierdie pype/buise af steek en die nektar uitsuig terwyl hy vlieg. Gelukkig blom hierdie plante in die lente wanneer daar redelik min wind is. Dit vergemaklik die vlieg se taak.

o Hierdie vlieg is deesdae in baie dele van Kaapstad se laaglande uitgesterf. Wat dink jy sal gebeur met die blomme wat deur hom bestuif was?

 

 

 

 

 

 

 

Die wit disa – 'n pragtige bedrieër
Die wit disa Die langpypie
  • Die langtongvlieg bestuif ook 'n skaars laagland-orgidee genoem wit disa (Disa draconis).
  • Dié orgidee se blomme lyk baie soos die ander blomme in die langtongvlieg se bestuiwingsgilde, maar hulle produseer nie nektar nie.
  • Dié vlieg kan nie die verskil tussen die blomme wat wel nektar produseer en die wit disa sien nie. Hy gaan dus voort om die orgidee te bestuif, al is daar geen beloning nie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Krulletjies en vleesvlieë
Die krulletjie 'n Vleesvlieg
  • Krulletjies (Ferraria crispa) groei in klipperige gebiede. Hulle blomme is bruin en gespikkel en het krullerige rande. Hulle lyk en ruik soos verrottende vleis.
  • Die blomme lok vleesvlieë (Sarcophaga haemorrhoidalis) wat hul eiers in verrottende vleis en fekalieë lê.
  • Namate die vlieë om die blom kruip, beland daar helder oranje stuifmeel op hulle. Hulle kry dan nektar uit die basis van die blomblare as beloning.
  • Ten spyte van die onwelriekende blomme, is die bolle van die krulletjie eetbaar.
  • Nog 'n plant op die plakkaat wat deur vlieë bestuif word, is die witmelkhoutboom (Sideroxylon inerme). Hy het afsonderlike manlike en vroulike blomme wat soos Jeyes Fluid ruik. Klein sweefvlieë besoek en bestuif dié blomme.

 

 

 

 

 

 

 

'n Simbiotiese verhouding

Die bestuiwing van plante deur diere is 'n goeie voorbeeld van wat ekoloë simbiose noem.

'n Simbiotiese verhouding is 'n hegte verhouding tussen twee verskillende spesies waaruit minstens een van die lede voordeel trek. Daar is drie tipes simbiose:

  • Mutualisme = 'n hegte verhouding waaruit albei lede voordeel trek
  • Parasitisme = 'n hegte verhouding waaruit een lid voordeel trek, maar die ander een benadeel word
  • Kommensalisme = ‘n verhouding waaruit een lid voordeel trek, maar waarin nòg die een, nòg die ander benadeel word.

 

 

 

 

 

 

 

Bestuiwing deur wind
Thamnocortus sp vroulik Thamnocortus sp manlik
  • Sommige plante het nie diere nodig om met bestuiwing te help nie. Grassoorte soos rooigras (Themeda triandra) en restio’s (bv. Thamnochortus spicigerus) maak van die wind as bestuiwer gebruik.
  • Restio’s het afsonderlike manlike en vroulike plante. Die manlike blomme produseer groot hoeveelhede stuifmeel. Dit waai in die wind na die vroulike blomme vanweander plant.
  • Die blomme wat deur wind bestuif word, hoef nie aanloklik te lyk of lekker te ruik soos blomme wat deur diere bestuif word nie; inteendeel, blomblare sou net in die pad wees wanneer die stuifmeel die stempel van die vroulike plant bereik.
  • Die blomme van die restio is bruin en lyk baie gewoon. Hulle het groot stempels en veeragtige stampers.