|
Die meeste plante groei lewenslank op een plek. Een van die enigste
geleenthede wanneer hulle na 'n nuwe gebied kan versprei, is wanneer hulle
saadjies versprei word. Wind, water en diere kan met saadverspreiding
help. In Module 8 het ons geleer dat fynbosgrond só arm aan voedingstowwe is dat min plante dit kan bekostig om sappige vrugte te produseer. Die meeste sandfynbosplante op die plakkaat produseer klein, harde saadjies wat deur die wind of deur miere versprei word. In hierdie afdeling sal ons leer hoe 'n paar ander laaglanddiere plante help om van een plek na 'n ander te beweeg.
|
| Voëls en bietoubessies | |||||
|
|
||||
| Skilpaaie en skilpadbessies | |||||
|
|
||||
| Neste en saadverspreiding | |||||
|
| ||||
| Die Kaapse duinmol en vlei-uintjies | |||||
|
| ||||