Die meeste plante groei lewenslank op een plek. Een van die enigste geleenthede wanneer hulle na 'n nuwe gebied kan versprei, is wanneer hulle saadjies versprei word. Wind, water en diere kan met saadverspreiding help.

In Module 8 het ons geleer dat fynbosgrond só arm aan voedingstowwe is dat min plante dit kan bekostig om sappige vrugte te produseer. Die meeste sandfynbosplante op die plakkaat produseer klein, harde saadjies wat deur die wind of deur miere versprei word.

In hierdie afdeling sal ons leer hoe 'n paar ander laaglanddiere plante help om van een plek na 'n ander te beweeg.

 

 

 

 

 

Voëls en bietoubessies
Bitoubessies Witmelkhoutboom-bessies
  • Die bietou- of bosluisbessie (Chrysanthemoides monilifera) is 'n gewone groot madeliefiebos wat in strandveld en renosterveld groei.
  • Die meeste madeliefieblomme produseer droë vrugte (bv. die reënblommetjie [koppel met Module 8a – toepaslike afdeling], sonneblom en botterblom), maar die bietou produseer bessies.
  • Soos die meeste ander vrugte, is die bietoubessies groen voordat hulle ryp word. Hulle smelt in met die blare en lok nie voëls nie. Namate hulle ryp en soet word, word hulle pers. Die bessies lok voëls, soos die Kaapse tiptol, wat die bessies vreet en die saad in hulle mis versprei.
  • Nog 'n plant op die plakkaat wat bessies produseer wat deur voëls versprei word, is die witmelkhoutboom (Sideroxylon inerme).

Het jy geweet?

 

 

 

 

 

 

Soogdiere en vrugte
Bobbejaan Suurvy

Mense en bobbejane en bokke eet graag inheemse vrugte soos bessies, suurvye (Carpobrotus edulis) en die vrugte van die koekemakranka (Gethylis afra). Die saad binne-in die vlesige vrugte het harde bedekkings wat hulle beskerm namate hulle deur die spysverteringstelsel beweeg. Hulle word in uitwerpsels versprei.

 

 

 

 

 

 

Skilpaaie en skilpadbessies
Rooipensskilpad Skilpadbessie
  • Skilpaaie versprei die saad van plante wat laag groei. Een stekelrige struik in strandveld word trouens die skilpadbessie (Nylandtia spinsosa] genoem.
  • Dit produseer helderrooi, sappige bessies wat gedurende die somer voedsel en vog aan skilpaaie voorsien.

 

 

 

 

 

 

Neste en saadverspreiding
Karoo-langstertjie Wilderoosmaryn
  • Die Karoo-langstertjie (Prinia maculosa) is 'n algemene bosvoël, met kolle op sy bors en 'n lang stert wat hy dikwels oplig.
  • Hy voer sy nes met die wollerige saad van die kapokbossie/wilderoosmaryn (Eriocephalus africanus) uit. Nadat die kuikens grootgeword het en die nes begin disintegreer, word die saad vrygestel.

 

 

 

 

 

 

Die Kaapse duinmol en vlei-uintjies
Kaapse duinmol Vlei-uintjie
  • Kaapse duinmolle is nie gewone molle of rotte nie, maar is eerder nou verwant aan ystervarke. Die duinmol is die grootste soogdier wat lewenslank ondergronds leef. Die mannetjies kan tot 1,5 kg weeg.
  • Duinmolle vreet knolle en bolle en help met die verspreiding van baie geofiete.
  • Die vlei-uintjie (Moraea ramosissima) is een van die plante wat deur duinmolle versprei word. Dit het stekelrige wortels wat ter beskerming ‘n skerm om die moederbol vorm. Buitekant hierdie skerm is daar baie klein bolletjies wat met fyn draadjies aan die plant vasgeheg is. Namate die Kaapse duinmol probeer om by die moederbol uit te kom, vroetel hy die klein bolletjies los en versprei hulle deur die gat wat hy gegrawe het.
  • Duinmolle stoor die ekstra bolle en knolle, wat hulle nie kan vreet nie, in ondergrondse spense.