Oorlewing van brande

Gebore om te brand!

Die warm, droë, winderige somers in die Kaap skep die ideale toestande vir die uitbreek van brande. Eintlik is dit nodig dat fynbos na ongeveer 10 – 15 jaar weer brand om ontslae te raak van ou, dooie bossies en om ruimte te skep vir saad wat ontkiem, asook vir kleiner plante, soos geofiete, wat moet groei. Die meeste inheemse bome in Kaapstad kan nie veelvoudige brande oorleef nie. Dit is waarom natuurlike woude slegs voorgekom het in gebiede wat teen brand beskerm is, bv. rotshellings, steil klowe en riviervalleie.

Baie fynbosplante raak maklik aan die brand. Hulle het fyn blare wat olie en hars bevat wat vinnig ontvlam. Die bossies het baie takkies wat ook maklik brand. Die laatsomer is die beste tyd vir veldbrande omdat plante dan droog is, saad reeds gevorm het en diere nie dan broei nie.

 

 

 

 

 

 

 

’n Natuurlike brandsiklus in fynbos

 

 

 

 

 

 

 

Beheer van brande

In Kaapstad se laaglande kom brandsiklusse nie meer natuurlik voor nie.

  • In sommige dele van Kaapstad (bv. op Tafelberg), kom brande baie meer dikwels voor as wat hulle moet. Dit bedreig die fynbosstruike soos proteas en erikas wat afbrand voordat hulle geblom en saad geproduseer het.
  • In die laaglande van Kaapstad is die veld te gefragmenteer (opgebreek) om brande te laat uitbreek en natuurlik te versprei.
  • Omdat bosbrande huise en besighede bedreig, word hulle gewoonlik vinnig geblus. Op sommige plekke beteken dit dat die veld nie dikwels genoeg brand nie. Dit kan daartoe lei dat sommige van die plante uitsterf.

Bewaringsorganisasies moet soms brande stig sodat die veld kan regenereer. In 2005 het bewaringskundiges van CapeNature (Kaapse Natuurbewaring), Stad Kaapstad en Kirstenbosch vir die eerste keer in meer as 70 jaar die veld in die middel van die Kenilworth Resiesbaan laat brand!

 

 

 

 

 

 

 

Working on Fire (Werk vir Vuur)

Bosbrande kom oral in Suid-Afrika meer dikwels voor. Sommige mense stig doelbewus brande, terwyl andere dit per ongeluk doen, maar hoe meer mense daar is, hoe groter is die brandgevaar. Houtagtige indringerplante, soos die rooikrans en die Port Jackson,  vererger bosbrande omdat hulle hewiger brand as inheemse plantegroei.

’n Projek met die naam van Working on Fire is in Suid-Afrika tot stand gebring om wegholbrande te beveg. Daar is baie organisasies wat saam aan hierdie projek werk. Die regering voorsien fondse deur die Expanded Public Works Programme (Uitgebreide Program vir Publieke Werke) vir die opleiding en indiensneming van spanne brandbestryders. Vind meer uit van Working on Fire op hul webwerf: www.workingonfire.org.

 

 

 

 

 

 

 

 

Klik op die knoppies om uit te vind hoe plante en diere van Kaapstad se laaglande brande oorleef:

In hierdie afdeling sal ons uitvind hoe sommige fynbos- en renosterveldplante aangepas is om brande te oorleef.

 

Oorlewing van droogtes

 

Oorlewing van brande

  Groei in arm grond
  Oorlewing in water