Oorlewing van droogtes
In die afdeling oor Suid-Afrika se biome het ons gesien hoedat die klimaat die tipes plante wat in 'n streek groei, beïnvloed. Die westelike dele van die land is droër as die oostelike dele; gevolglik is baie van die plante uit die sukkulente karoo-, die nama-karoo- en die fynbosbioom aangepas om in droogtes te oorleef. Die klimaat in Kaapstad is Mediterreens. Dit beteken dat die meeste reën gedurende die koel wintermaande val, maar dat die somers warm en droog is. In hierdie afdeling sal ons uitvind hoe sommige van Kaapstad se laaglandplante wel die lang somerdroogtes deurstaan.
|
Klik op die knoppies om uit te vind hoe
Kaapstad se laaglandplante in droë plekke oorleef:
|