Module 8: Aanpassing by die omgewing

In module 1 het ons geleer dat bykans 9000 verskillende tipes plante en diere inheems in die Kaapse streek is.

Dit is verbasend dat die Kaap so ryk aan plante is omdat dit eintlik 'n taamlik ongenaakbare plek is om in te woon. Die somers is warm en droog, brande kom dikwels voor en die grond is oor die algemeen arm. Maar verrassend baie spesies is aangepas om in hierdie veeleisende plek te leef. Die ryke diversiteit habitats in die Kaap is een van die redes waarom daar so baie verskillende fynbosplante is.

  • Twee belangrike seestrome, die warm Agulhas en die koue Benguela, spoel die kuslyn in en beïnvloed die klimaat wat droër in die westelike en natter in die oostelike deel van die streek is.
  • Verskillende tipes rots lei tot die ontstaan van verskillende grondtipes waarin verskillende plante groei.
  • Die Kaapse streek is slegs ongeveer 200 km breed, maar die landskap wissel van kusvlaktes tot lae heuwels en hoë berge en voorsien dus baie verskillende habitats en groeitoestande.

 

 

 

 

 

 

 

 

In hierdie afdeling sal ons uitvind hoe sommige van die plante en diere van Kaapstad se laaglande aangepas is om in hierdie omgewing te leef. Plaas jou muis oor die foto's om meer uit te vind.


Mediterreense klimaat


Bosbrande


Arm grondsoorte


Vleilande

 

 

 

 

 

 

 

Klik op die knoppies om meer uit te vind van hoe plante en/of diere van die laaglande van Kaapstad:
 
  Oorlewing van droogtes
  Oorlewing van brande
  Groei in arm grond
  Oorlewing in water