Groei in arm grond

Renosterveldplante groei gewoonlik in grond wat ryk en kleierig is. Maar fynbos groei gewoonlik in sandgrond wat arm is aan voedingstowwe soos stikstof en fosfor wat vir die groei van plante noodsaaklik is. Sandgrond dreineer goed; gevolglik vloei voedingstowwe weg wanneer dit reën.

Mors nie voedingstowwe nie

  • Omdat fynbosplante arm aan voedingstowwe is, kan plante nie afvalmateriaal soos stikstof en fosfor mors deur groot blare of sappige vrugte te produseer nie.
  • In stede daarvan het die meeste fynbosplante klein, immergroen blare wat jare lank aan die plant bly.
  • Die saad van die meeste fynbosplante is ook klein en hard. Die meeste saad word versprei deur wind of deur miere, eerder as voëls, wat deur vlesige bessies gelok word.
  • Fynbosplante groei die vinnigste ná 'n brand wanneer die verouderde plante afgebrand is en hul voedingstowwe, soos as, wat die grond bevrug, vrygestel word.

 

 

 

 

 

 

 

Fungi maak wortels meer doeltreffend
  • By baie fynbosplante (bv. erikas) is daar 'n simbiotiese vehouding tussen die wortels van die plant en 'n fungus. Die verwantskap word ‘n mikorisa genoem.
  • Die mikorisale fungus is soortgelyk aan broodskimmel (muf). Die drade bedek en dring in die wortel in en dien as bykomende wortelhare. Hulle vergroot die oppervlak van die wortel sodat dit meer water en voedingstowwe uit die grond kan absorbeer.
  • Op sy beurt absorbeer die fungus koolhidraat, wat deur die plant geproduseer word.

 

 

 

 

 

 

 

Proteas het spesiale wortels
  • Proteawortels is ook aangepas om water en voedingstowwe doeltreffend te absorbeer. Hulle produseer bossies klein worteltjies naby die oppervlak van die grond wat proteoïede wortels genoem word. Hierdie wortels absorbeer water en voedingstowwe twee keer beter as normale wortels.
  • Proteoïede wortels groei gewoonlik ná reën en gaan dan dood wanneer die grond droog is en water en voedingstowwe nie beskikbaar is nie.
  • Proteas het ook diep wortels wat hulle in staat stel om by vogtigheid diep in die grond by te kom.

 

 

 

 

 

 

 

Sommige plante eet diere!
  • Daar is dikwels klein plante met die naam van doublomme wat in klam plekke in fynbos groei. Hierdie plante het hare wat taai druppels op hul blare produseer.
  • Wanneer klein insekte soos miere of vlieë op die blaar beland, kan dit nie uit die taai vloeistof ontsnap nie. Die blaar krul oor die insek en skei ensieme af wat die insek verteer. Die plant absorbeer dan die nodige voedingstowwe uit die insek se liggaam.

 

 

 

 

 

 

 

 

Klik op die knoppies om uit te vind hoe sommige van die plante en diere van Kaapstad se laaglande aangepas is om in hierdie omgewing te oorleef.

 
 

Oorlewing van droogtes

 

Oorlewing van brande

  Groei in arm grond
  Oorlewing in water