|
Groei in arm grond
Renosterveldplante
groei gewoonlik in grond wat ryk en kleierig is. Maar fynbos groei
gewoonlik in sandgrond wat arm is aan voedingstowwe soos stikstof en
fosfor wat vir die groei van plante noodsaaklik is. Sandgrond dreineer
goed; gevolglik vloei voedingstowwe weg wanneer dit reën.
Mors nie voedingstowwe nie
-
Omdat fynbosplante arm aan voedingstowwe is, kan plante nie
afvalmateriaal soos stikstof en fosfor mors deur groot blare of
sappige vrugte te produseer nie.
- In stede daarvan het die meeste fynbosplante klein, immergroen
blare wat jare lank aan die plant bly.
- Die saad van die meeste fynbosplante is ook klein en hard. Die
meeste saad word versprei deur wind of deur miere, eerder as voëls,
wat deur vlesige bessies gelok word.
- Fynbosplante groei die vinnigste ná 'n brand wanneer die
verouderde plante afgebrand is en hul voedingstowwe, soos as, wat
die grond bevrug, vrygestel word.
|