| Verkryging van voedsel | |
|
|
Baie min inheemse Kaapse plante was ooit voorheen vir huishoudelike gebruik, byvoorbeeld vir voedsel, aangeplant. Die San-jagters en Koisan-herders het nie gewasse en gesaaides gekultiveer soos die boere dit vandag doen nie. Hulle het dit egter wel reggekry om “veldkos” aan die groei te kry. Hulle het die veld gereeld afgebrand om die “uintjies” te laat groei en om weiveld vir hulle vee te verbeter. Hulle het eiers, vrugte, saad, en selfs eetbare blomme as voedsel versamel en bossiestroop as versoetmiddel gebruik. Deesdae geniet mense dit nog steeds om veldkos soos suurvye en froetangs te benut en ook om inheemse kruie soos die kapokbossie as geurmiddel by hul kos te voeg. |
| Die jag van diere | |
![]()
|
Die eerste bewoners van die Kaap het vis gevang en voëls, skilpaaie,
hase en wildsbokke gejag. Die eerste setlaars, wat jag as sportsoort
beoefen het en ook vir voedsel gejag het, het in minder as 200 jaar die
meeste van Kaapstad se groot, wilde diere uitgeroei. Deesdae word jag
verbied omdat daar te min wilde diere in die stad is om die druk wat deur
jag veroorsaak word, te oorleef. Omdat dit onwettig is om in Kaapstad te jag, val die fokus in hierdie afdeling op eetbare plante. |
| Inheemse vrugte |
Voordat
druiwe, appels, piesangs en waatlemoene na Suid-Afrika ingevoer is, het die
eerste bewoners van die Kaap graag baie van die klein vrugte en bessies van
inheemse plante geëet. Hierdie bessies bevat baie vitamiene en minerale wat
ons vir goeie gesondheid nodig het. Die plante en bome kan in skool- of
huistuine geplant word en bessies kan direk van die bossies of bome af geëet
word. |
| Inheemse groente |
Groente is baie belangrik vir ons dieet omdat dit vitamiene, minerale
en aminosure bevat. Ons het dit nodig om gesond te bly. Deesdae kom die
meeste van die groente wat ons eet uit ander lande. Mielies het
oorspronklik uit Sentraal-Amerika gekom, aartappels en tamaties uit
Suid-Amerika, kool uit Europa en rys uit Asië. Voordat hierdie plante in
Suid-Afrika ingevoer is, het die eerste bewoners ‘n verskeidenheid inheemse
groente, vars sowel as gekook, geëet. |
|
Klik op die knoppies om meer uit te vind van inheemse voedselplante:
|
||||||||||||||||