Wat is volhoubare lewensonderhoud?
Wel, dit is eenvoudig n manier om jou aan die lewe te hou. En as iets volhoubaar is, kan dit vir altyd aanhou.

As ons in hierdie afdeling van lewensonderhoud praat, bedoel ons dat jy jou geld op so n wyse verdien dat dit op die lang termyn die mens en die natuur help versorg. As ons op volhoubare wyse van die natuurlike hulpbronne gebruik maak, sonder om dit te vermors, te vernietig of te besoedel, sal die natuur, sowel teenswoordig as in die toekoms, vir ons voorsiening kan maak. Op hierdie manier sal ons die voortbestaan van die natuur en van die mens kan volhou.

 

 

 

 

 

 

Kan ons op n volhoubare manier blomme benut?
  • Dink jy die blomme is in die verlede op n volhoubare manier benut?
  • Wat dink jy kan benutters van wilde blomme deesdae doen om te verseker dat daar in die toekoms altyd nog blomme sal wees om te benut (d.w.s. om volhoubaar te pluk)?

Wanneer jy jou eie idees het, besoek die webwerf van die Blomvallei-trust om te sien wat die mense op die Agulhas-vlakte doen om te verseker dat hulle op n volhoubare wyse blomme pluk.

 

 

 

 

 

 

 

'n Loopbaan in natuurbewaring: Wat moet ek studeer?
  • Die meeste mense gaan na n toepaslike instelling om in die tegnologie te studeer waarna hulle n diploma vir natuurbewaring verwerf. Daarmee kwalifiseer hulle om as natuurbewaarders in n natuurreservaat aangestel te word.
  • Om n ekologie-navorser te word, moet n mens by n universiteit gaan studeer en minstens n honneursgraad in een van die lewenswetenskappe verwerf. Die meeste navorsers studeer verder en verwerf n meesters- of doktorsgraad (Ph.D) in n spesifieke studieveld, bv. botanie (plantkunde), sologie (dierkunde), ekologie, mariene biologie, ens.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

'n Loopbaan in natuurbewaring: Ekologiese navorsing - Waar kan ek werk?
Die meeste ekologie-navorsers werk by universiteite of navorsingsinrigtings, bv. die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR), die Landbounavorsingsraad of die Suid-Afrkaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI). Verskillende inrigtings laat die fokus op verskillende aspekte van die ekologie val (bv. varswater-, mariene-, fynbos- en grasland-ekologie). Die navorsingsgebiede verander voortdurend en is afhanklik van die prioriteite van die regering en van organisasies wat die navorsingsfondse voorsien. Daar word byvoorbeeld baie navorsing gedoen oor die impak van globale klimaatsverandering omdat dit n belangrike internasionale kwessie is en daar fondse vir die projek beskikbaar is.

Sommige navorsers word konsultante wat f vir hulleself f vir konsultasiefirmas werk. Konsultante word in diens geneem om professionele raad oor bepaalde projekte te verskaf.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

'n Loopbaan in natuurbewaring: Wat doen n ekologie-konsultant?

Die meeste ekologie-konsultante laat die fokus op slegs een aspek van die ekologie val, bv. varswater-, fynbos-, of kus-omgewings. Konsultante word deur n verskeidenheid organisasies, bv. regeringsdepartemente, nie-regeringsorganisasies en private maatskappye in diens geneem.

 

 

 

 

 

 

'n Loopbaan in natuurbewaring: Wat doen n ekologie-konsultant?

Ekologie-konsultante werk aan n verskeidenheid van projekte, insluitend die volgende:
  • Identifisering van plante en diere en die opstel van lyste van spesies wat op sekere plekke aangetref word
  • Opname van eiendomme en teken van kaarte wat aantoon waar plante, diere en habitats aangetref word
  • Uitvoering van omgewingsimpak-beoordelings (OIBs): ingevolge wetgewing mag daar nie voortgegaan word met enige ontwikkelingsprojek wat vir n sensitiewe omgewing skadelik kan wees voordat n OIB nie uitgevoer is nie
  • Om te werk as omgewingsbeheerbeamptes wat verseker dat OIB-aanbevelings toegepas word wanneer ontwikkelings plaasvind
  • Opstel van planne vir doeltreffende ekologiese bestuur, bv. die verwydering van indringers of die herstel van inheemse plantegroei.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kweking van inheemse plante
  • Vir honderde jare al is tuinboukundiges wreldwyd besig om Suid-Afrika se inheemse plante te versamel, te kweek en te kultiveer.
  • Baie gewilde tuinplante soos bloulelies, madeliefies, swaardlelies, proteas en vygies het oorspronklik uit Suid-Afrika gekom. Kyk na die plakkaat en kyk of jy kan raaksien watter ander plante jy al in mense se tuine opgemerk het.
  • Oorsese maatskappye het baie meer geld gemaak uit die handel met ons inheemse plante as die Suid-Afrikaanse maatskappye.
  • Deesdae verkies baie Suid-Afrikaners om inheemse, waterbesparende plante in hul tuine te plant. Die aanvraag na inheemse plante skep werkgeleenthede vir diegene wat in tuinbou en tuinbeplanning met Suid-Afrikaanse plante genteresseerd is

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kweking van inheemse plante: New Beginnings in Lansdowneweg
  • Richard Erskine het 35 jaar lank as tuinier gewerk, maar toe sy werkgewer oorlede is, was hy sonder werk. Terwyl hy werk gesoek het, het hy betrokke geraak by Werk vir Water en het hy gehelp met die verwydering van indringerplante by die Edith Stephens- vleilandpark op die Lansdowneweg.
  • Te danke aan sy ervaring as tuinier het Richard vinnig werk gekry by Werk vir Vleilande in die plantkwekery by die Edith Stephens-park. Hierdie kwekery kweek inheemse plante om te help met die herstel van die natuurlike gebiede langs die riviere en vleilande in Kaapstad.
  • Richard het nou sy eie besigheid, New Beginnings, gevestig. Hy bestuur drie kwekerye wat Werk vir Vleilande voorsien van plante wat inheems in die Kaapse Vlakte is.

Ons moet die hele Skiereiland herstel sodat dit weer so glorieryk soos eers kan wees, s Richard Erskine, wat inheemse plante vir die Werk vir Vleilande-projek kweek.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Natuurtoerisme
  • Baie plaaslike en internasionale reisigers kom Kaapstad toe om die natuurlike skoonheid en kulturele erfenis van die stad te geniet. Die toerisme-sektor voorsien baie werkgeleenthede, bv. begeleiding van toeriste, spyseniering en verskaffing van akkommodasie.
  • By die Rondevlei-natuurreservaat in Grassy Park [kyk Module 6 toepaslike afdeling] het besighede ontstaan wat op natuurtoerisme gebaseer is en waarby die plaaslike gemeenskap baat vind.
    • Imvubu Nature Tours (Imvubu-natuurtoere) is n klein natuurtoerisme-maatskappy by Rondevlei. Dit is vernoem na die reservaat se bekende seekoeie . Die toeristegidse bied begeleide staptogte, bootvaarte, hengel (karpe), en kampeergeriewe by Rondevlei aan. Dit maak die uitstappie na die natuurreservaat voorwaar interessant en genotvol.
    • n Plaaslike maatskappy, Fay Spyseniering, verskaf spyseniering vir funksies wat by die opvoedingsentrum en by die boma aangebied word.
    • Plaaslike inwoners stel bed en ontbyt-akkommodasie beskikbaar vir toeriste wat die gebied besoek.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Werk vir water
  • Die Departement van Waterwerke en Bosbou se Werk vir Water-program is in 1995 van stapel gestuur. Diegene wat voorheen nie werk gehad het nie, word daar in diens geneem en opgelei om indringerplante uit rivieropvanggebiede te verwyder.
  • Deur die verwydering van dorstige indringerplante het Werk vir Water die hoeveelheid water, wat ons riviere en damme bereik, met ongeveer 56 miljoen kubieke meter per jaar vermeerder. Dit is gelykstaande aan die hoeveelheid water wat nodig sou wees om die Wemmershoekdam vol te maak!
  • Nadat hulle so opgelei is en werkervaring opgedoen het, het sommige van die Werk vir Water-kontrakteurs hul eie besighede vir die verwydering van indringers op die been gebring.

Werk vir Water het duisende indringerplante uit die Edith Stephens-vleilandpark verwyder.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Werk vir Vleilande
  • Baie van die riviere en vleilande in Kaapstad is gedegradeer. Hulle is nie meer gesonde ekosisteme vir plante en diere, of aantreklike plekke vir mense nie.
  • Deur hul Skiereiland-projek word werk en opleiding verskaf aan voorheen benadeelde mense op die Kaapse Vlakte. Kontrakteurs verwyder indringerplante, herskep die vorm van rivieroewers en vleilande en plant inheemse vleilandplante aan.
  • Nadat hulle so opleiding ontvang en ervaring opgedoen het, het sommige Werk vir Vleilande-werkers hulle eie besighede van stapel gestuur.
 

 

 

 

 

Natuurbewaring-loopbane in die Stad Kaapstad
  • Die Stad Kaapstad neem n klein maar toegewyde span mense in diens om die netwerk van natuurreservate te bestuur.
  • Vind uit wat sommige van hierdie mense doen en hoe hulle voel oor die werk wat hulle doen deur op die onderstaande knoppies te klik.
  Clifford Dorse - Gebiedsbestuurder   Tshepo Mamabolo - Reservaatbestuurder
  Dalton Gibbs -Gebiedsbestuurder   John Hartnick - Ingangshek- en stoorkamersbestuurder
  Erika Foot - Gebiedsbestuurder   Mzwandile (Zwai) Peter - Kommunikasiebestuurder
  Adele Pretorius - Reservaatbestuurder   Bronwen Foster - Omgewingsopvoedingsbeampte
  Lewine Walters - Reservaatbestuurder   Patricia Holmes - Biodiversiteit-spesialis