|
Wat is ”volhoubare lewensonderhoud”? |
|
Wel, dit is eenvoudig ‘n manier om jou aan die lewe te hou. En as iets
volhoubaar is, kan dit vir altyd aanhou. As ons in hierdie afdeling van
lewensonderhoud praat, bedoel ons dat jy jou geld op so ’n wyse verdien
dat dit op die lang termyn die mens en die natuur help versorg. As ons op
volhoubare wyse van die natuurlike hulpbronne gebruik maak, sonder om dit
te vermors, te vernietig of te besoedel, sal die natuur, sowel
teenswoordig as in die toekoms, vir ons voorsiening kan maak. Op hierdie
manier sal ons die voortbestaan van die natuur en van die mens kan volhou. |
 |
| Kan ons op ’n volhoubare
manier blomme benut? |
- Dink jy die blomme is in die verlede op ‘n volhoubare manier
benut?
- Wat dink jy kan benutters van wilde blomme deesdae doen
om te verseker dat daar in die toekoms altyd nog blomme sal wees
om te benut (d.w.s. om volhoubaar te pluk)?
Wanneer jy jou eie idees het, besoek die webwerf van die
Blomvallei-trust om te sien wat die mense op die Agulhas-vlakte
doen om te verseker dat hulle op ‘n volhoubare wyse blomme pluk. |
 |
|
'n Loopbaan in natuurbewaring: Wat moet ek studeer? |
- Die meeste mense gaan na ‘n toepaslike instelling om in die
tegnologie te studeer waarna hulle ‘n diploma vir natuurbewaring
verwerf. Daarmee kwalifiseer hulle om as natuurbewaarders in ‘n
natuurreservaat aangestel te word.
- Om ‘n ekologie-navorser te word, moet ‘n mens by ‘n universiteit
gaan studeer en minstens ‘n honneursgraad in een van die
lewenswetenskappe verwerf. Die meeste navorsers studeer verder en
verwerf ‘n meesters- of doktorsgraad (Ph.D) in ‘n spesifieke
studieveld, bv. botanie (plantkunde), soölogie (dierkunde), ekologie,
mariene biologie, ens.
|
|
|
'n Loopbaan in natuurbewaring: Ekologiese navorsing - Waar kan ek werk? |
|
Die meeste ekologie-navorsers werk by universiteite of
navorsingsinrigtings, bv. die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR),
die Landbounavorsingsraad of die Suid-Afrkaanse Nasionale
Biodiversiteitsinstituut (SANBI). Verskillende inrigtings laat die fokus
op verskillende aspekte van die ekologie val (bv. varswater-, mariene-,
fynbos- en grasland-ekologie). Die navorsingsgebiede verander voortdurend
en is afhanklik van die prioriteite van die regering en van organisasies
wat die navorsingsfondse voorsien. Daar word byvoorbeeld baie navorsing
gedoen oor die impak van globale klimaatsverandering omdat
dit ‘n belangrike internasionale kwessie is en daar fondse vir die projek
beskikbaar is.
Sommige navorsers word konsultante wat óf vir hulleself óf vir
konsultasiefirmas werk. Konsultante word in diens geneem om professionele
raad oor bepaalde projekte te verskaf.
|
|
|
'n Loopbaan in natuurbewaring: Wat doen ‘n ekologie-konsultant? |
|

|
Die meeste ekologie-konsultante laat die fokus op slegs een aspek van
die ekologie val, bv. varswater-, fynbos-, of kus-omgewings. Konsultante
word deur ‘n verskeidenheid organisasies, bv. regeringsdepartemente,
nie-regeringsorganisasies en private maatskappye in diens geneem.
|
|
|
'n Loopbaan in natuurbewaring: Wat doen ‘n ekologie-konsultant? |
|

|
Ekologie-konsultante werk aan ‘n verskeidenheid van projekte, insluitend
die volgende:
- Identifisering van plante en diere en die opstel van lyste van
spesies wat op sekere plekke aangetref word
- Opname van eiendomme en teken van kaarte wat aantoon waar plante,
diere en habitats aangetref word
- Uitvoering van omgewingsimpak-beoordelings (OIB’s): ingevolge
wetgewing
mag daar nie voortgegaan word met enige ontwikkelingsprojek wat vir
‘n sensitiewe omgewing skadelik kan wees voordat ‘n OIB nie
uitgevoer is nie
- Om te werk as omgewingsbeheerbeamptes wat verseker dat
OIB-aanbevelings toegepas word wanneer ontwikkelings plaasvind
- Opstel van planne vir doeltreffende ekologiese bestuur, bv. die
verwydering van indringers of die herstel van inheemse plantegroei.
|
|
Kweking van inheemse plante |
 |
- Vir honderde jare al is tuinboukundiges
wêreldwyd besig om
Suid-Afrika se inheemse plante te versamel, te kweek en te kultiveer.
- Baie gewilde tuinplante soos bloulelies, madeliefies, swaardlelies,
proteas en vygies het oorspronklik uit Suid-Afrika gekom. Kyk na die
plakkaat en kyk of jy kan raaksien watter ander plante jy al in mense se
tuine opgemerk het.
- Oorsese maatskappye het baie meer geld gemaak uit die handel met ons
inheemse plante as die Suid-Afrikaanse maatskappye.
- Deesdae verkies baie Suid-Afrikaners om inheemse, waterbesparende
plante in hul tuine te plant. Die aanvraag na inheemse plante skep
werkgeleenthede vir diegene wat in tuinbou
en tuinbeplanning
met Suid-Afrikaanse
plante geïnteresseerd is
|
|
Kweking van inheemse plante: New Beginnings in Lansdowneweg |
 |
- Richard Erskine het 35 jaar lank as tuinier gewerk, maar toe sy
werkgewer oorlede is, was hy sonder werk. Terwyl hy werk gesoek het,
het hy betrokke geraak by Werk vir Water en het hy gehelp met die
verwydering van indringerplante by die
Edith
Stephens- vleilandpark op die Lansdowneweg.
- Te danke aan sy ervaring as tuinier het Richard vinnig werk
gekry by Werk vir Vleilande in die plantkwekery by die Edith
Stephens-park. Hierdie kwekery kweek inheemse plante om te help met
die herstel van die natuurlike gebiede langs die riviere en
vleilande in Kaapstad.
- Richard het nou sy eie besigheid, New Beginnings, gevestig. Hy
bestuur drie kwekerye wat Werk vir Vleilande voorsien van plante wat
inheems in die Kaapse Vlakte is.
“Ons moet die hele Skiereiland herstel sodat dit weer so glorieryk
soos eers kan wees,” sê Richard Erskine, wat inheemse plante vir die Werk
vir Vleilande-projek kweek.
|
|
Natuurtoerisme |
- Baie plaaslike en internasionale reisigers kom Kaapstad toe om die
natuurlike skoonheid en kulturele erfenis van die stad te geniet. Die
toerisme-sektor voorsien baie werkgeleenthede, bv. begeleiding van
toeriste, spyseniering en verskaffing van akkommodasie.
- By die
Rondevlei-natuurreservaat in Grassy Park [kyk Module 6 – toepaslike
afdeling] het besighede ontstaan wat op natuurtoerisme gebaseer is en
waarby die plaaslike gemeenskap baat vind.
- Imvubu Nature Tours
(Imvubu-natuurtoere)
is ‘n klein natuurtoerisme-maatskappy by Rondevlei. Dit is vernoem na
die reservaat se bekende seekoeie
. Die toeristegidse bied begeleide
staptogte, bootvaarte, hengel (karpe), en kampeergeriewe by Rondevlei
aan. Dit maak die uitstappie na die natuurreservaat voorwaar interessant
en genotvol.
- ’n Plaaslike maatskappy, Fay Spyseniering, verskaf spyseniering vir
funksies wat by die opvoedingsentrum en by die boma aangebied word.
- Plaaslike inwoners stel bed en ontbyt-akkommodasie beskikbaar vir
toeriste wat die gebied besoek.
|
|
|
Werk vir water |
 |
- Die Departement van Waterwerke en Bosbou se Werk vir
Water-program is in 1995 van stapel gestuur. Diegene wat voorheen
nie werk gehad het nie, word daar in diens geneem en opgelei om
indringerplante uit rivieropvanggebiede te verwyder.
- Deur die verwydering van dorstige indringerplante het Werk vir
Water die hoeveelheid water, wat ons riviere en damme bereik, met
ongeveer 56 miljoen kubieke meter per jaar vermeerder. Dit is
gelykstaande aan die hoeveelheid water wat nodig sou wees om die
Wemmershoekdam vol te maak!
- Nadat hulle so opgelei is en werkervaring opgedoen het, het
sommige van die Werk vir Water-kontrakteurs hul eie besighede vir
die verwydering van indringers op die been gebring.
|
|
Werk vir Water het duisende indringerplante uit die Edith
Stephens-vleilandpark verwyder. |
|
|
|
Werk vir Vleilande |
 |
- Baie van die riviere en vleilande in Kaapstad is gedegradeer. Hulle is nie meer
gesonde ekosisteme vir plante en diere, of aantreklike plekke vir mense
nie.
- Deur hul Skiereiland-projek word werk en opleiding verskaf aan
voorheen benadeelde mense op die Kaapse Vlakte. Kontrakteurs verwyder
indringerplante, herskep die vorm van rivieroewers en vleilande en plant
inheemse vleilandplante aan.
- Nadat hulle so opleiding ontvang en ervaring opgedoen het, het
sommige Werk vir Vleilande-werkers hulle eie besighede van stapel
gestuur.
|
|
Natuurbewaring-loopbane in die Stad Kaapstad |
- Die Stad Kaapstad neem ‘n klein maar toegewyde span mense in diens
om die netwerk van natuurreservate
te bestuur.
- Vind uit wat sommige van hierdie mense doen en hoe hulle voel oor
die werk wat hulle doen deur op die onderstaande knoppies te klik.
|