Koekemakranka (Gethyllis afra): Hoe word dit gebruik? |
|
.jpg) |
- Die ryp, knotsvormige vrugte ruik soos aarbeie. Mense en diere eet
graag hierdie vrugte wat aan die reuk daarvan uitgeken word. Hulle eet die
sappige, geurige vleesgedeelte en versprei die saad in hul fekalieë.
- Koekemakranka-vrugte is so geurig dat mense dit gebruik het om ‘n
heerlike, sagte reuk aan kamers en linne te gee net soos ons vandag
lugverfrisser of pot pourri gebruik.
- Die Hollandse setlaars het geglo dat die vrugte voordelig vir jou maag
was. Hulle het koekemakranka-vrugte by brandewyn gevoeg en dit gebruik as
lekker medisyne wat hulle “koekemakrankabrandewyn” genoem het.
- Koekemakrankas het algemeen op die Kaapse Vlakte voorgekom, maar
deesdae is hulle baie skaars Vra gerus jou grootouers of hulle daarvan
geëet het.
|
Koekemakranka (Gethyllis afra): Het jy geweet? |
 |
Ons is nie seker hoe die koekemakranka aan sy naam gekom het nie.
Sommiges beweer dit was oorspronklik ‘n Koisan-naam, terwyl andere van
mening is dat dit afgelei is van die uitdrukking “goed vir my maagkrampe”,
wat een van die gebruike daarvan beskryf.
|