Mense
het nog altyd plante as genees- en skoonheidsmiddels gebruik. Deesdae
gebruik ongeveer 80% van die bevolking in Suid-Afrika tradisionele
medisyne en die meeste hiervan word van inheemse plante gemaak. In
Suider-Afrika word ongeveer 4 000 plantspesies as medisyne gebruik.
Sommige plante soos rooibos en heuningbos word al duisende jare lank as
opkikkers gebruik. Tans is hulle gewilde soorte tee wat węreldwyd na ander
lande uitgevoer word.
In
hierdie afdeling leer ken ons sommige inheemse plante met mediese en
kosmetiese gebruike in die laaglande van Kaapstad.
Klik op die knoppies om meer uit te vind van inheemse plante wat vir
genesing en skoonheid gebruik word: