Plante vir bou- en handwerk

Een manier waarop plaaslike gemeenskappe ‘n inkomste kan verdien uit die inheemse blomme van die Kaapse Vlakte is om blomme te pluk. Dit is egter moontlik om “die gans wat die goue eiers lę, dood te maak”. Soos geblyk het in Module 5 het die Kaapse Vlakte-erika in die veertigerjare uitgesterf weens nie-volhoubare benutting van blomme. Indien ons wil gebruik maak van ons inheemse plante, moet ons dit op ‘n volhoubare wyse versamel en bewerk.

In hierdie afdeling leer ken ons sommige van die plante in die laaglande van Kaapstad wat in die boubedryf en vir handwerk gebruik word.

 

 

 

 

 

 

Klik op die knoppies om meer uit te vind van die plante wat in die boubedryf en vir handwerk gebruik word:
 
Matjiesgoed (Cyperus textilis)
Dakriet (Thamnochortus spicigerus, T. insignis, Chondropetalum tectorum)
Hout-indringerplante (Acacia spp)