Module 6: Bewaring van die natuur in die StadOns wil graag almal fiks en gesond voel en weet dat iemand vir ons omgee, nie waar nie? Ons het familie en vriende nodig wat vir ons sorg, vir ons kos gee, ons veilig laat voel en in ons glo. Wanneer ander ons liefhet en vir ons omgee, voel ons tot enigiets in staat; andersins voel ons neerslagtig en bang. Die lewe raak moeilik wanneer dit voel of niemand omgee nie. Ons omgewing is maar net soos ons. Wanneer ons omgee en sorg vir die lug, water, grond, plante en diere, is die natuur produktief en beloon dit ons in ‘n ruim mate. Maar wanneer ons die omgewing misbruik, word dit ook “siek” en is dit nie meer ‘n gesonde en pragtige węreld om in te leef nie. In Kaapstad span baie mense saam om vir die natuur in die stad te werk en om te gee. Hierdie mense glo dat ons vir die natuur moet sorg sodat die natuur vir ons kan sorg. In hierdie afdeling sal ons meer leer van mense en organisasies wat omgee vir die stedelike natuur. Ons sal meer leer van Kaapstad se natuurgebiede en uitvind wat elkeen van ons kan doen om die stedelike natuur te help beskerm. |
Klik op die knoppies om meer uit te vind
van die bewaring van die stedelike natuur in Kaapstad.
|