|
Ostelike
natuurreservate
Helderberg-natuurreservaat
- Die Helderberg-natuurreservaat is in 1964 geproklameer. Onlangs is
grond bokant die Erinvale Gholflandgoed by die reservaat gevoeg en dit is
vandag 407 hektaar groot.

- Plantegroei van sowel woudfynbos en renosterveld groei in die
reservaat op grond wat van sandsteen en skalie gevorm is.
- Minstens 592 verskillende plantspesies groei in die natuurreservaat,
insluitend 14 bedreigde spesies op die Rooi Lys, met inbegrip van die
bedreigde Erica baueri.
- Inheemse diere in die reservaat sluit in:
- 27 soogdierspesies: die
rooikat (Felis caracal),
Kaapse jakalsreëntjie (Vulpes charma),
bontebok
(Damaliscus dorcas dorcas),
duiker (Sylvicapra grimmia),
Kaapse grysbok, (Raphicerus melanotis),
steenbok (Raphicerus campestris),
kleinkolmuskeljaatkat
(Genetta genetta),
Kaapse ystervark
(Hystrix africaeaustralis),
streepmuis
(Rhabdomys pumilio) en die vleirot (Otomys irroratus).
Baie van hulle is nagdiere.
-
Meer
as 200 voëlspesies, bv. die
paradys-vlieëvanger (Terpsiphone viridis),
rooiborssuikervoël (Promerops
cafer),
witvlerkkanarie (Serinus leucoperus),
geelbekeend (Anas undulata),
wildemakou (Plectropterus gambensis),
kolgans (Alopochen aegyptiacus),
waterhoender (Gallinula chloropus),
gevlektevleikuiken (Sarothrura elegans),
kuifkopvisvanger (Alcedo cristata),
rooiborsjakkalsvoël (Buteo rufofuscus),
bosuil (Strix woodfordii) en die
Kaapse ooruil (Bubo capensis).
- 36 reptielspesies, bv. skilpaaie soos die inheemse
rooipensskilpad
(Chersina angulata), gewone padloper (Homopus areolatusa),
gewone waterskilpad (Pelomedusa subrufa), en die bergskilpad
(Geochelone pardalis) uit die Noord-Kaap en Botswana; slange soos
die Kaapse kobra (Naja nivea),
molslange
(Pseudaspis cana) en pofadders
(Bitis arietans); verskeie akkedisse en die Kaapse dwergverkleurmannetjie (Bradypodium pumilum).
- 11 amfibiese spesies, bv. die Kaapse tjirppadda (Arthroleptella
lightfooti), klik-langtoonpadda
(Strongylopus grayii), Kaapse rivierpadda (Afrana fuscigula),
lawaaierige skurwepadda
(Bufo rangeri), die
platanna
(Xenopus laevis). Die geverfde
rietpadda (Hyperolius marmoratus) was nie voorheen in hierdie
gebied aangetref nie, maar is onlangs in die reservaat aangeteken.Sy
roep klink soos ‘n harde fluit.

- Daar is twee inheemse visspesies: die Kaapse
galaxia (Galaxias
zebratus) en die Kaapse kurper (Sandelia capensis).
- CapeNature (Kaapse Natuurbewaring) help die Helderberg-natuurreservaat om ontslae te raak
van indringer-varswatervisse in die damme en poele, bv. die baars, karp
en die Mosambiek-tilapia. Die Kaapse
galaxia leef reeds in die bergstrome en CapeNature sal die Kaapse karp
vang en in riviere en poele vrylaat. Hulle sal hierdie visse in die
nabygeleë Lourensrivier vang om te verseker dat die natuurreservate die
plaaslik inheemse vis bewaar, en nie vis uit ander opvanggebiede nie.
- In 1997 het CapeNature drie
bontebokke (Damaliscus dorcas dorcas) aan die reservaat geskenk.
Hulle het so goed aangeteel dat daar in minder as tien jaar 22 diere
was. Die Helderberg-natuurreservaat het agt van hierdie bontebokke aan
die Tygerberg-natuurresrvaat geskenk sodat hulle kon begin aanteel.
- Selfs
al teel die bontebok goed aan, is hulle steeds ‘n bedreigde spesie. Die
ratel (Mellivora capensis – byna bedreig) is nog ‘n dier in die
reservaat wat op die Rooi Lys is..
-
Helderberg is ‘n belangrike wateropvanggebied. Die
besproeiingsaanleg van Somerset-Wes is ook in die reservaat geleë.
- Die natuurreservaat is baie gewild onder die plaaslike gemeenskap.
Dit bied ‘n verskeidenheid wandelroetes en daar is skaduryke grasperke
waar besoekers kan ontspan en piekniek hou. Hierbenewens is daar ‘n
inligtingsentrum, ‘n herbarium, ‘n geskenkwinkel, ‘n restaurant, ‘n
inheemse plantkwekery en ‘n omgewingsopvoedingsentrum.
- Die Vriende van Helderberg-natuurreservaat sowel as die van die Somerset-Wes-voëlklub
ondersteun die natuurreservaat daadwerklik. Die vriendegroep neem die
opvoedingsbeampte in diens en beheer ook die inligtingsentrum,
navorsingsentrum en plantkwekery. Die voëlklub moniteer die
voëlbevolking op ‘n gereelde grondslag en hou goed rekord van watter
voëls daar aangetref word.
- Die
Mike Woods-omgewingsopvoedingsentrum bied opvoedkundige programme aan
skole, studente en volwassenes. Leerders en
andere wat navorsing vir
projekte doen, maak goed gebruik van die navorsingsentrum. Daar is ook
‘n kampeerterrein vir private of opvoedkundige programme.
-
Het jy geweet? Die Somerset-Wes-voëlklub hou gereeld rekord
van die voëlspesies in die reservaat. Hulle het opgemerk dat voëls uit
die oostelike gebiede van Kaapstad na die reservaat toe kom. Hulle is
van mening dat die rede daarvoor habitatveranderinge (bv.
kus-ontwikkeling, landbou) en klimaatsverandering is.
|