Kaapstad se natuurreservate

Die Biodiversiteitsbestuur-tak van Stad Kaapstad bewaar 23 natuurgebiede oor die hele Kaapstad. Die meeste van hierdie terreine is in die laaglande naby woonhuise en skole geleë. Hulle is waardevolle plekke waar jy kan ontspan, die natuur kan geniet en kan leer.

Kyk na die kaart wat die natuurgebiede aantoon wat deur Stad Kaapstad bestuur word.

Klik hier vir die opsommingstabel van die natuurgebiede wat deur Stad Kaapstad bestuur word.

Klik op ’n natuurreservaat om meer inligting oor die terrein te verkry.

Kaart van Kaapstad se natuurreservate (Klik daarop!)

 

 

 

 

 

 

 

Hoe word natuurgebiede beskerm?

Daar is baie verskillende tipes beskermde gebiede in Suid-Afrika. Daar is wette en regulasies waarvolgens die nasionale, provinsiale en plaaslike regerings en agentskappe die natuurgebiede beskerm:

  • Die nasionale regering proklameer nasionale parke (bv. die Tafelberg Nasionale Park).
  • Die South African Heritage Resources Agency (SAHRA) [die Suid-Afrikaanse Erfenis-hulpbronagentskap SAHRA)] proklameer nasionale erfenisterreine (bv. die Plattekloof Natuurlike Erfenisterrein).
  • Die provinsiale regering proklameer provinsiale natuurreservate (bv.die Driftsands-natuurreservaat, die plaaslike owerheid-natuurreservate en beskermde natuurlike omgewings (BNO’s).
  • Heritage Western Cape [Erfinis Wes-Kaap] proklameer provinsiale erfenisterreine (bv. Die Kaapse Vlakte-natuurreservaat).
  • Die plaaslike regering proklameer, met die goedkeuring van die provinsiale regering, plaaslike erfenisterreine.

Sommige van die natuurgebiede wat deur die Stad Kaapstad bewaar word, is nog nie formeel tot natuurreservate geproklameer nie. Ten einde wettige beskerming vir hierdie gebiede te bekom, is die Biodiversiteitsbestuur-tak van Stad Kaapstad besig om al die gebiede wat hy bestuur as plaaslike owerheid-natuurreservate geproklameer te kry.

 

 

 

 

 

 

Stad Kaapstad bestuur natuurgebiede vanaf die Mamre-natuurreservaat en die Blaauwberg-bewaringsgebied in die noorde tot by Zandvlei in die suide en die Kogelberg-natuurreservaat in die ooste. In hierdie afdeling sal ons leer van sommige van hierdie natuurgebiede. Vind uit watter gebiede naby jou skool is en hoe jy betrokke kan raak.

Klik op die knoppies om meer uit te vind van die natuurgebiede wat deur Stad Kaapstad versorg word:

  • Sentrale reservate: Bracken-natuurreservaat, Durbanville-natuurreservaat, Tygerberg-natuurreservaat

  • Oostelike reservate: Helderberg-natuurreservaat, Harmony Flats-natuurreservaat, ander natuurgebiede

  • Noordelike reservate: Blaauwberg-bewaringsgebied, Rietvlei-vleilandreservaat

  • Suidelike reservate: Valsbaai Ekologie Park, Rondevlei-natuurreservaat, Zeekoevlei-natuurreservaat, Kaapse Vlakte-rioolwatersuiweringsaanleg, Groter Zandvlei-riviermonding-natuurreservaat.

  • Suid-sentrale reservate: Edith Stephens-vleilandpark, Macassar-duine, Wolfgat-natuurreservaat

 

 

 

 

 

 

 

Klik op die knoppies om meer uit te vind van die bewaring van die stedelike natuur in Kaapstad.
 
  Die Biodiversiteitsnetwerk
  Kaapstad se natuurreservate
  Bewaringsvennote
  Wat van my?