Bedreigde diere
In die sestiende en sewentiende eeu het ontdekkers en setlaars baie wilde diere, met inbegrip van die bruinhiëna, Kaapse jakkals, rooikat, eland, luiperd, Kaapse leeu, bergsebra en ystervark in Kaapstad opgemerk en aangeteken. In die lente van 1659 het Jan van Riebeeck in sy dagboek aangeteken dat hulle (moontlik waar die huidige Seepunt is) afgekom het op “die klere, kopbeen en beendere” van ‘n soldaat wat twee weke vantevore vermis geraak het en dat die “kopbeen half afgebyt was; dus is daar aangeneem dat hy deur ‘n leeu opgevreet is”. Dit het die setlaars nie lank geneem om die meeste van die wilde diere in en om Kaapstad te vernietig nie. Die meeste van hierdie diere oorleef nog buite die fynbosbioom, maar teen die einde van die agtiende eeu het die setlaars die bloubok laat uitsterf. Teen die middel van die negentiende eeu was die kwagga ook uitgesterf. Slegs ‘n paar bontebokke het in die Bredasdorp-gebied behoue gebly.
|
Deesdae oorleef daar nog ‘n aantal klein dierspesies in Kaapstad en
sommige groter diere is weer in die natuurreservate ingevoer:
In hierdie afdeling leer ons van sommige van die bedreigde diere in die laaglande van Kaapstad. |
Klik op die knoppies om meer te leer van die bedreigde diere in
Kaapstad:
|