|
Van bedreiging tot uitsterwing Die World Conservation Union (IUCN) www.iucn.org. is ‘n internasionale organisasie wat by bewaring betrokke is. Een van die belangrikste take van die IUCN is om rekord te hou van die plante en diere in die wêreld wat met uitsterwing bedreig word. Hulle publiseer inligting oor hierdie spesies in Rooi Lyste www.redlist.org. Ons het hierdie inligting nodig om ons te help om hierdie plante, diere en habitats te red. |
![]() |
| Die IUCN waarsku ons dat meer as 11 000 verskillende tipes plante en diere op aarde met uitsterwing bedreig word. Ongeveer 2340 van hulle kom uit Suid-Afrika. Faktore wat oorlewing bedreig, sluit die vernietiging van natuurlike habitats, mededinging met indringerspesies, jag, oorbenutting en besoedeling in. | |
| Waarom jou kwel oor uitsterwing? |
|
Ons gebruik baie woorde om bedreigde plante en diere te omskryf. Skaars, bedreig, trefbaar, vernietig… Wat beteken al hierdie woorde? Baie van hierdie woorde word in die Rooi Lys-kategorieë omskryf. Hulle gee ons ‘n aanduiding van watter plante en diere moontlik met uitsterwing bedreig word. Elke kategorie het ‘n gedetailleerde definisie, maar ons volstaan met die onderstaande eenvoudige definisies. Die definisies kom voor op die Rooi Lys-webwerf www.redlist.org. |
|
|||||||||||||
| Gebruik die grafiek bo om die definisie van elke term te vind. Probeer om ander voorbeelde vir elke term op die plakkaat in Module 1 te vind. | ||||||||||||||
|
Skaars hoef nie bedreig te wees nie Skaars is nie ingesluit in die tabel met definisies nie. Dit word nie as ‘n kategorie op die Rooi Lys beskou nie omdat nie alle skaars spesies bedreig word nie. Sommige diere is uiteraard skaars omdat hulle slegs op ‘n klein gebied soos op ‘n enkele bergpiek of in een grot voorkom. As 'n spesie se habitat nie bedreig word nie, kan hy baie jare lank oorleef. Indien ‘n spesie wat eers algemeen was egter skaars word, word hierdie spesie beslis bedreig. |
![]() |
![]() |
|
| Erica nevillei, Erica haematocodon en Erica sociorum wat by Silwermyn in die Tafelberg Nasionale Park gevind is, word selde aangetref. Hulle word egter nie as bedreig met uitsterwing beskou nie omdat hulle habitat (bergfynbos) nie bedreig word nie. Hull is wel skaars. | |||