Module 5: Skaars, bedreig en uitgesterf

Het jy al die uitdrukking “so dood soos ‘n dodo” gehoor? Die dodo was ‘n voël wat nie gevlieg het nie, ongeveer so groot soos 'n kalkoen was en op die eiland Mauritius geleef het. Vandag oorleef daar nie meer een enkele dodo êrens op aarde nie. Hulle is verorber deur honger matrose wat by Mauritius aangedoen het. Die dodo is inderdaad baie dood en is uitgesterf!

Wetenskaplikes wat fossiele bestudeer, het vyf periodes in die geskiedenis geïdentifiseer waartydens prosesse en gebeure, soos klimaatsveranderings, vulkaniese uitbarstings of meteoriete wat met die aarde gebots het, daartoe gelei het dat ‘n groot aantal plant- en dierspesies uitgesterf het. Sommige mense glo dat die aarde tans die “sesde uitsterwing” beleef – en dat ons hierdie keer vir die verlies van plante en diere dwarsoor die wêreld verantwoordelik is.

 

 

 

 

 

 

 

 

Een van die heel ergste vorms van uitsterwing het ongeveer 100 jaar gelede in Noord-Amerika plaasgevind. In die jare 1800 was die trekduif die voëlspesie met die meeste voëls ter wêreld. Enkele vlugte van tot twee miljard het die lug verdonker en die bome laat buig toe hulle gaan slaap het. Die mens het enorme getalle voëls uitgewis. In slegs een jaar (1879) is een miljard voëls in die staat Michigan uitgewis. Die voëls is deur mense verorber en ook as voer vir varke gebruik. Dit mag onmoontlik klink, maar in 1914 het die heel laaste trekvoël op aarde in ‘n dieretuin in Cincinnati gevrek.

In Suid-Afrika het bykans 2340 plant- en dierspesies reeds uitgesterf, of word hulle met uitsterwing bedreig. In hierdie afdeling leer ons van sommige van die skaars, bedreigde en uitgestorwe plante en diere in ons streek.

 

 

 

 

 

 

 

 

Klik op die knoppies om meer van bedreigde spesies uit te vind
 
Van bedreiging tot uitsterwing
Bedreigde plante
Bedreigde diere