Konsepkontrole:
Wat is indringerspesies?Deur die hele geskiedenis was mense aan die beweeg en besig om verskillende dele van die wêreld te koloniseer. Waar ons ook al heengaan, neem ons plante en diere met ons saam omdat ons van hulle afhanklik is vir kos, vervoer, geneesmiddels, boumateriaal, handwerk en vir die genot wat hulle verskaf. Soms neem ons per ongeluk ongewenste plante en plae saam. Hetsy doelbewus of per ongeluk, het ons baie indringerspesies na plekke op die aarde geneem waar hulle nie natuurlik voorkom nie. Soms was hierdie oorplantings nie suksesvol nie – die toestande in die nuwe land was nie geskik vir die oorgeplante spesies nie. Daarom kon die spesies nie oorleef nie. Ander oorgeplante spesies het met hulp oorleef (bv. sommige tuinplante, plante in die landboubedryf, asook huisdiere). Maar vir sommige plante, diere en mikroörganismes was toestande in hul nuwe omgewings so gunstig dat hulle indringers geword het. Deesdae is die verspreiding van indringerplante wêreldwyd een van die grootste bedreigings vir die mens en die natuur.
|
|
Waarom is indringerspesies ‘n probleem? Indringerspesies groei goed en plant met groot sukses in hul nuwe habitats voort, maar die natuurlike roofdiere, parasiete en siektes wat normaalweg in hul tuislande die getalle sou beheer, ontbreek nou. Hulle word daardeur onregverdig teenoor die inheemse spesies bevoordeel. |
|
|
|
|
|
|
Hoe word biodiversiteit
deur indringerplante benadeel? Kyk na die prente hier onder en probeer verduidelik hoe ‘n indringerplant wat ‘n natuurlike gebied binnedring, natuurlike biodiversiteit kan bedreig. |
In hierdie afdeling sal ons leer van sommige
van die indringerplante en -diere wat mense en die natuur in die laaglande
van Kaapstad bedreig. Vir meer inligting oor indringerplante, besoek
|
|
Klik op die knoppies om meer uit te vind van indringerplante en
-diere in Kaapstad: |