|
Module 4: Stedelike natuur onder druk In net meer as 350 jaar is Kaapstad se natuurlike omgewing radikaal getransformeer. In die proses van ontwikkeling het die ekosisteme van die moederstad, soos duine, vleilande, woude en bosgebiede plek gemaak vir huise, plase, werkplekke, paaie en winkels. Namate die stad ontwikkel, kan jy maklik vergeet dat die gebied ook die tuiste is van baie ander vorms van lewe soos die plante en diere wat die kern van Kaapstad se bekende biodiversiteit is.
|
|
In die lig van die feit dat Kaapstad tans meer as drie miljoen inwoners
het, is dit tyd om te vra: Hoe kan ons verseker dat die stedelike natuur in Kaapstad voortbestaan? In hierdie afdeling leer ons van die druk op die omgewing in Kaapstad. Met hierdie inligting kan ons wyse en verstandige keuses maak sodat mens en natuur kan baat by die saamleef in hierdie stad wat die biodiversiteitshoofstad (hoofstad met die grootste biodiversiteit) in die wêreld is. |
|
Kilk op die knoppies om meer uit te vind
van stedelike natuur onder druk
|