Die natuur getem

Die eerste mense in Kaapstad, die San en die Koisan, het baie anders geleef as ons vandag. Hulle was regstreeks vir voedsel, klere, geneesmiddels en skuiling van hulle natuurlike omgewing afhanklik. Hul klein bevolkings en nomadiese lewenswyses het min invloed op die omgewing gehad.

Toe die koloniste in Kaapstad gevestig geraak en begin boer en handel dryf het, was hulle omring deur die natuur. Hulle sou nooit kon droom dat die meeste van die bosgebiede, strome, grasvlaktes met hul blomme, vis en wilde diere eendag nie meer daar sou wees nie. Natuurbewaring was in daardie vroeë jare die laaste ding waaraan hulle gedink het.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Landbou neem 'n aanvang

Landboubedrywighede was die eerste fase in die lang proses van transformasie van die landskap van Kaapstad. Die setlaars het groot gebiede van die land bewerk om druiwe en koring te plant. Hulle het Europese bome (bv. eike- en populierbome) geplant om hulle meer tuis te laat voel. Hulle het stede en paaie na behoefte ontwikkel en het hulle min bekommer oor die natuurlike ekosisteme wat in die proses vernietig word.

 

 

 

 

 

 

 

 

Die stad brei vinnig uit

Deesdae ontwikkel Kaapstad baie vinnig.

  • Vanaf 1993 tot 1996 is gemiddeld 750 hektaar grond jaarliks in die stad ontwikkel.
  • Vanaf 1998 tot 2002 het die syfer jaarliks tot meer as 1200 hektaar per jaar gegroei!

 

 

 

 

 

 

Bewaar die natuur voordat ons dit verloor

Natuurbewaring het eers belangrik geword toe die bedreiging van natuurlike hulpbronne en spesies ‘n werklikheid geword het. Tot met die tagtigerjare was daar min planne vir bewaring. Die meeste plekke wat vir bewaring opsygesit is, was “oorblywende” gebiede, soos die steil, klipperige berghellings, sandvlaktes en nat vleilande, wat niemand regtig wou hê nie.

Vandag bewaar Tafelberg Nasionale Park die grootste deel van die bergketting van die Kaapse Skiereiland. Die meeste van die natuurgebiede in die laaglande van Kaapstad is egter klein en gefragmenteer.

 

 

 

 

 

 

Kaart van transformasie/verandering van die natuurlike omgewing in Kaapstad. Klik daarop!

Ontwikkeling fragmenteer die natuur

Vergelyk die kaarte om te sien hoeveel die natuurlike omgewing van Kaapstad die afgelope 350 jaar verander het.

  • Die natuurlike omgewing van Kaapstad voordat die Europese setlaars in die sewentiende eeu hier kom vestig het, word op die basiskaart aangetoon.
  • Die oorlegstuk toon die gebiede aan wat teen 2005 reeds ontwikkel was.

Die kaarte onthul die volgende:

  • Bergfynbos word in Kaapstad goed bewaar.
  • Sommige groot gedeeltes strandveld het oorgebly, maar baie min daarvan word formeel bewaar.
  • Baie min van sandfynbos of renosterveld het in Kaapstad oorgebly.
  • Daar is 'n aantal groot permanente vleilande, maar baie min seisoenale vleilande het oorgebly en slegs een of twee word bewaar.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

ʼn Verhaaltjie oor fragmentering
 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Waarom is fragmentering ʼn probleem?
Daar is meer probleme in gefragmenteerde gebiede as in groot, ongeskonde natuurgebiede. Klik op die onderstaande prente om te sien watter probleme daar is:
 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Biodiversiteitsnetwerk van Kaapstad

 

 

Heraansluiting van die fragmente:

Hoe kan ons in Stad Kaapstad die probleem van fragmentering aanpak en die natuur help oorleef? Baie organisasies en individue werk saam om dit reg te kry:

  • Die Stad Kaapstad se Biodiversiteitsnetwerk is ʼn plan om die belangrikste fragmente in die natuur oor die hele Kaapstad te beskerm en die verbindings tussen hulle te verbeter.
  • Daar is meer as 20 natuurreservate in Kaapstad. Werknemers van die nasionale, provinsiale en plaaslike regering, sowel as private organisasies, sorg daarvoor.
  • Baie vrywilligers wat nie vir die plaaslike regering werk nie, sowel as gemeenskapsgebaseerde organisasies, help met die bewaring van die stedelike natuur.
  • Met projekte soos die Ekoskool-projek en Inheemse Vergroening is skole  by omgewingsbewaring betrokke. Inheemse tuine is belangrike ekologiese deurgange/springklippe vir plante en diere om van die een natuurgebied na die volgende te beweeg.

Om meer uit te vind, vergelyk Module 6: Bewaring van die natuur in die stad.