Verstedeliking en Apartheid - Vinnige verstedeliking
  • Vinnige verstedeliking het gedurende die twintigste eeu plaasgevind. Kaapstad het 'n nywerheidstad geword en bekendheid vir sy tekstiel- en klerenywerheid verwerf.
  • Die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) het baie mense gedwing om uit die binneland na die betreklike veiligheid van die Kaap te trek.
  • In 1910 het Suid-Afrika 'n Unie geword en Kaapstad is tot wetgewende hoofstad verklaar. Die Kaap was nie meer 'n Britse kolonie nie, maar het een van vier provinsies geword. Kaapstad se ekonomie was toe verbind aan die ekonomie van die hele land.
  • Nadat die Britse heerskappy in die Kaap beëindig is, het baie Afrikaners uit ander dele van Suid-Afrika na Kaapstad getrek. Ontwikkelaars het plase aan die noordekant van die stad opgekoop en onderverdeel en dorpies soos Parow en Bellville het vinnig ontwikkel.

 

 

 

 

 

 

 

Groeiende armoede en instromingsbeheer

  • Die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918), die Griepepidemie van 1918 en die Groot Depressie in die dertigerjare het 'n vernietigende impak op die ekonomie van Kaapstad gehad. Armoede het wydverspreid voorgekom.
  • Oorbevolking in Distrik Ses het veroorsaak dat baie mense na nuwe buiteliggende townships soos Athlone en Kew Town getrek het.
  • Teen die eerste helfte van die twintigste eeu was daar baie swart Suid-Afrikaners in Kaapstad. Wette soos die Lokasie-wet (Swartes) (1902), die Stadsgebieden-wet (1923) en die Wet op Werkafbakening (1924) het egter hul reg op eiendom, beweeglikheid en werk beperk.
  • Tydens die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945) het baie mense Kaapstad toe getrek om in nywerhede wat oorlogsgoedere vervaardig, te werk. 'n Ernstige behuisingstekort het ontstaan en dit het die Unie-regering aangespoor om die Instromingsbeheer-beleid (1945) in werking te stel. Hierdie wet het daarvoor voorsiening gemaak dat swart mense uit die stedelike gebiede verban kon word as hulle werkloos was of as hulle sekere oortredings begaan het.

 

 

 

 

 

 

 

Apartheid, geforseerde verplasings en weerstand

  • In 1948 het die Nasionale Party die algemene verkiesing gewen en die beleid van Apartheid of “afsonderlike ontwikkeling”, gebaseer op ras, opgelê. Die Bevolkingsregistrasiewet, Wet No. 30 van 1950, het vereis dat alle mense as swart, gekleurd, Indiër of wit geregistreer moes word.

  • Apartheidswette het alle aspekte van menselewens beheer. Die wittes het daarby gebaat terwyl alle ander groepe onder die onregverdige, onderdrukkende wette gely het. Die Wet op die Aanwysing van Aparte Geriewe (Wet No. 49 van 1953) het afsonderlike openbare vervoer en geriewe, op ras gebaseer, afgedwing. Die Wet op Swart Onderwys (Wet No. 47 van 1953) het swart onderwys formeel afgesonder. Dit was swak befonds en die gehalte van die onderwys was minderwaardig in vergelyking met dié van alle ander groepe.
  • Die Wet op Groepsgebiede, (bv. Wet No. 77 van 1957) het bepaal waar mense van verskillende rassegroepe kon leef en eiendom kon besit. Tydens die sestigerjare is baie gebiede in Kaapstad met groot kleurlinggemeenskappe tot wit groepsgebiede verklaar en ten spyte van hewige teenstand moes die kleurlinge uitbeweeg en was hul gemeenskappe verbrokkel. Hulle is hoofsaaklik verplaas na buiteliggende gebiede van die stad op die Kaapse Vlakte, bv. Rylands, Belhar, Hanover Park, Lavender Hill en Mitchell’s Plain.

 

 

 

 

 

 

 

  • In die verre noorde van die huidige Kaapstad het die Nasionale Party in die vroeë sewentigerjare die kleurling-township, Atlantis, ontwikkel. Duisende mense is verplaas na hierdie geïsoleerde nuwe township waar nywerhede vir werkgeleenthede, soos die vervaardiging van dieselenjins, deur die regering befonds is. Vandag bly Atlantis nog steeds 'n geïsoleerde township met hoë werkloosheidsyfers.
  • Apartheid het mense uit bekende omgewings gedwing, hulle gevestigde gemeenskappe vernietig en lede van uitgebreide families van mekaar geskei. Die meeste mense moes lang afstande werk toe aflê. In die nuwe townships het sosiale probleme soos bendevorming, dwelm- en alkoholmisbruik en misdaad toegeneem.
  • Tydens die Apartheidsera was die suidwestelike Kaap 'n arbeids-voorkeurgebied vir kleurlinge en instromingsbeheer is streng toegepas. Swart Suid-Afrikaners moes toestemming kry om in Kaapstad te werk en hulle moes 'n pasboek saamdra waar hulle ook al gegaan het.
Die uitgestrektheid van Kaapstad in 1977 - Klik daarop!

 

 

 

 

 

 

 

  • In reaksie op die nuwe wettte het baie informele nedersettings opgeskiet.Die regering het selfbeheerde “Bantoe-tuislande” soos Transkei, Ciskei en Boputhatswana tot stand gebring en het swart mense gedwing om burgers van tuislande, eerder as van Suid-Afrika, te word. Dit was deel van 'n plan om swart Suid-Afrikaners indringers in hul eie land te maak, sonder die reg om te werk of om eiendom te besit.

  • Desnieteenstaande het duisende mense uit die Transkei en Ciskei (tans dele van die Oos-Kaap) Kaapstad toe getrek om werk te soek. Informele nedersettings het by Unibel (1972), Crossroads (1974), KTC en Modderdam (1975) ontwikkel. Pogings van die regering om hierdie nedersettings te vernietig, het tot plaaslike en internasionale teenkanting gelei.
  • Die Soweto-opstand van 16 Junie 1976 was 'n waterskeidingsgebeurtenis in Suid-Afrika. Weerstand teen Apartheid het tydens die tagtigerjare gegroei en hewiger geword. Die regering van die Nasionale Party het gereageer met die verklaring van Noodtoestande van 1985 tot in 1990. Menseregte is hewig beperk, duisende is in aanhouding geplaas (dikwels sonder verhoor) en die media is gesensoreer.

 

 

 

 

 

 

 

  • Die vroeë ontwikkeling van KhayelitshaWêreldwyd het politieke en ekonomiese weerstand teen Apartheid ook gegroei. Suid-Afrika het al meer geïsoleerd geraak. Die land het gely onder ekonomiese sanksies, kulturele en sportboikotte, afnemende toerisme en talle vorms van protes.

  • Onder druk om hervorming teweeg te bring, het die regering in 1986 die Wet op Instromingsbeheer herroep. Die bevolking van Kaapstad het die hoogte ingeskiet. Groot getalle werksoekers, tesame met die impak van ekonomiese sanksies, het tot hoë werkloosheidsyfers in die stad gelei.
  • Die meeste van die mense wat Kaapstad toe getrek het nadat die Wet op Instromingsbeheer geskrap is, het uit die tuislande van Transkei en Ciskei gekom. Die meerderheid het hulle in Khayelitsha gevestig. Hierdie township het as 'n windverwaaide, sanderige en onherbergsame landstreek onstaan wat deur die stootskraap van sandduine, die opvulling in seisoenale vleilande en die haastige voorsiening van paaie, staanpype (urinale) en putlatrines tot stand gekom het.
  • Die stedelike ontwikkeling in Kaapstad het dikwels vinnig plaasgevind en was swak beplan; daarom het groot dele van die stad min publieke oop ruimtes. Die natuurreservate in die laaglande van die stad is derhalwe belangrike terreine vir ontspanning, opvoeding en plesier.

 

 

 

 

 

 

 

 

Klik op die knoppies om meer uit te vind van die geskiedenis en ontwikkeling van Kaapstad:
 
Representative pic from section Die vroeë bewoners van die Kaap
Vestiging en uitbreiding
Verstedeliking en Apartheid
Ontwikkelings en uitdagings ná Apartheid