|
Apartheid, geforseerde verplasings en weerstand
-
In
1948 het die Nasionale Party die algemene verkiesing gewen en die
beleid van Apartheid of “afsonderlike ontwikkeling”, gebaseer op ras,
opgelê. Die Bevolkingsregistrasiewet, Wet No. 30 van 1950, het vereis
dat alle mense as swart, gekleurd, Indiër of wit geregistreer moes
word.
- Apartheidswette het alle aspekte van menselewens beheer. Die wittes
het daarby gebaat terwyl alle ander groepe onder die onregverdige,
onderdrukkende wette gely het. Die Wet op die Aanwysing van Aparte
Geriewe (Wet No. 49 van 1953) het afsonderlike openbare vervoer en geriewe,
op ras gebaseer, afgedwing. Die Wet op Swart Onderwys (Wet
No. 47 van 1953) het swart onderwys formeel afgesonder. Dit was swak
befonds en die gehalte van die onderwys was minderwaardig in vergelyking
met dié van alle ander groepe.
- Die Wet op Groepsgebiede, (bv. Wet No. 77 van 1957) het bepaal waar
mense van verskillende rassegroepe kon leef en eiendom kon besit. Tydens
die sestigerjare is baie gebiede in Kaapstad met groot
kleurlinggemeenskappe tot wit groepsgebiede verklaar en ten spyte van
hewige teenstand moes die kleurlinge uitbeweeg en was hul gemeenskappe
verbrokkel. Hulle is hoofsaaklik verplaas na buiteliggende gebiede van
die stad op die Kaapse Vlakte, bv. Rylands, Belhar, Hanover Park,
Lavender Hill en Mitchell’s Plain.
|