Module 3: 'n Kort geskiedenis van die mens
Kaapstad is ryk aan diversiteit en kontras. Ongeveer 200 000 jaar lank al vestig mense hulle uit alle dele van Afrika en die wêreld binne sigafstand van Tafelberg. Hulle het hul kennis, kulture, plante en diere saam met hulle gebring. Hulle het self ook by die natuurlike hulpbronne van die Kaap gebaat. In hierdie afdeling sal ons uitvind van sommige van die bewoners van Kaapstad – van die San, die eerste mense wat hier was, tot by ons wat vandag in die Kaap woon. Waar het die mense vandaan gekom, en waarom het hulle gekom? Waar het hulle gevestig geraak? Hoe het hulle van die omgewing gebruik gemaak en dit verander? En hoe probeer die Stad Kaapstad om ontwikkeling op so 'n wyse te bestuur dat sowel die mens as die natuur daarby kan baat? |
Klik op die knoppies om meer uit te vind
van die geskiedenis en ontwikkeling van Kaapstad:
|