Die
vroeë bewoners van die Kaap
Die San of Boesmans
- Argeoloë
het bewyse
gevind dat mense uit
die Steentydperk meer as 500 000 jaar gelede in die Kaap gewoon het.
Hulle het groot diere gejag, soos sabeltandkatte en reusebuffels, wat
later uitgesterf het.
- Die bewoners van die Kaap was 100 000 jaar gelede, net soos ons
vandag, fisies modern. Hulle het gejag met spiese waarvan die punte met
klip afgerond was. Bykans 70 000 jaar gelede het hulle by
Blombosgrot naby Stilbaai op die Suidkus halskettings van skulpe gedra.
- Ongeveer 20 000 jaar gelede het jagters, soortgelyk aan die Boesmans,
wapens van klip gebruik. Hulle het oor die hele Suid-Afrika geleef. Net
soos die nog ouer bevolkings voor hulle, was hulle algeheel afhanklik
van die diere (met inbegrip van visse en robbe by die kus) wat hulle
gejag het, en ook van die veldplante wat hulle kon versamel. Hulle het
dus as jagter-versamelaars geleef.
|