Die vroeŽ bewoners van die Kaap

Die San of Boesmans

  • ArgeoloŽ het bewyse gevind dat mense uit die Steentydperk meer as 500 000 jaar gelede in die Kaap gewoon het. Hulle het groot diere gejag, soos sabeltandkatte en reusebuffels, wat later uitgesterf het.
  • Die bewoners van die Kaap was 100 000 jaar gelede, net soos ons vandag, fisies modern. Hulle het gejag met spiese waarvan die punte met klip afgerond was. Bykans 70 000 jaar gelede het hulle by Blombosgrot naby Stilbaai op die Suidkus halskettings van skulpe gedra.
  • Ongeveer 20 000 jaar gelede het jagters, soortgelyk aan die Boesmans, wapens van klip gebruik. Hulle het oor die hele Suid-Afrika geleef. Net soos die nog ouer bevolkings voor hulle, was hulle algeheel afhanklik van die diere (met inbegrip van visse en robbe by die kus) wat hulle gejag het, en ook van die veldplante wat hulle kon versamel. Hulle het dus as jagter-versamelaars geleef.

 

 

 

 

 

 

 

 

  • Vandag noem sommige antropoloŽ hierdie baie vroeŽ bewoners van Suid-Afrika die San, terwyl ander hulle die Boesmans noem. Mense verskil oor watter naam die meeste respek betoon.

  • Familie- of stamgroepe van sowat 20 mense het saam op 'n terrein geleef waar hulle diere gejag en van plante gewoon het. Hulle het in grotte of tydelike skuilings van riet geleef, en hulle klere was van diervelle gemaak. Hulle versierings was van oker en volstruiseierdoppe gemaak.
  • Die San het geweet watter plante hulle kon eet en watter as medisyne gebruik kon word. Hulle sjamaans was genesers en reŽnmakers. San-genesers het gewoonlik in 'n beswyming verval. Hulle het geglo dat hulle in so 'n beswyming die land van die geeste sou kon besoek waar hulle ook genesende kragte sou kry. Dwarsdeur Suid-Afrika is die San se rotskuns in grotte te sien. Daarin kan leidrade van hulle gelowe en rituele gevind word. Heelwat van hierdie tekeninge was moontlik 'n verslag van die sjamaans se besoeke aan die geesteswÍreld.

Wat is in 'n naam?

 

 

 

 

 

 

 

Khoekhoen-herders
  • Ongeveer 2000 jaar gelede het hulle vir die eerste keer met skape begin boer en 'n paar eeue later ook met beeste. Toe die eerste EuropeŽrs in die vyftiende eeu die Kaap besoek het, was die mense daar gesamentlik bekend as die Koisan, die Khoe of die Khoekhoen. Hulle het groot troppe beeste en skape gehad.
  • Die Koisan, wat in stamgroepe geleef het, was in die gebied van Kaapstad as die Gorachokwa en die Goringhaikwa bekend. Hul taal was soortgelyk aan die taal wat in die noordelike deel van Botswana gepraat is; argeoloŽ het dus geglo dat hulle oorspronklik daarvandaan gekom het. Hulle was 'n nomadiese volk wat seisoenaal tussen die kus en die binneland beweeg het. By die kus het hulle robbe gejag en die vet van die robbe, gemeng met oker, as liggaamsverf gebruik.

 

 

 

 

 

 

 

  • Hier kan gesien word hoe renosterveld lyk.Renosterveld was die beste weiveld vir hulle vee. Die grond was ryker en daar was meer gras as in fynbos of strandveld. Die herders het die veld laat brand sodat die gras as weiding vir hulle diere kon groei. Die brande het ook die geofiete gestimuleer om te groei. Hulle het dit versamel en as groente geŽet.

  • Vir die Koisan was hulle vee 'n bron van individuele rykdom. Die beeste het melk, en die skape het vleis voorsien. Hulle het ook wilde diere gejag, visgevang en skulpvis versamel. Dit het beteken dat hulle met die San-jagters om hulpbronne meegeding het. Hulle vee het met die inheemse wilde diere om weiding meegeding.

 

 

 

 

 

 

 

 

  • Tradisioneel het die San nie diere besit nie. Hulle beskouing was dat almal alle diere kon jag. Soms het hulle skape en beeste gejag en dit het tot botsing met die Koisan aanleiding gegee.

  • Hulle het koepelvormige ďmatjieshuiseĒ of mat-huise gebou wat hulle met behulp van gebuigde pale, bedek met rietmatte, op die rŻe van osse vasgemaak en dan vervoer het.
  • In 1655 het Jan van Riebeeck verslag gedoen van 5 000 tot 6 000 Koisan wat naby Kaapstad gewoon het. Hoewel hierdie aantal mense met hulle skape en beeste 'n impak op die omgewing gehad het, het hulle nogtans, omdat hulle nomadies was, die veld elke jaar 'n kans gegee om te herstel voordat dit weer as weiding gebruik is. Hierdie nomadiese leefstyl was in die Wes-Kaapse omgewing betreklik volhoubaar.

                           Het jy geweet?

 

 

 

 

 

 

 

Klik op die knoppies om meer uit te vind van die geskiedenis en ontwikkeling van Kaapstad:
 
Representative pic from section Die vroeŽ bewoners van die Kaap
Vestiging en uitbreiding
Verstedeliking en Apartheid
Ontwikkelings en uitdagings nŠ Apartheid