Dr. Nelson Mandela word ontslaan.Ontwikkelings en uitdagings ná Apartheid 

Weerstand en transformasie

  • In 1990 het FW de Klerk politieke organisasies ontban en baie politieke gevangenes, onder andere Nelson Mandela, vrygelaat.
  • Dit het die weg gebaan vir Suid-Afrika se politieke verandering tot 'n demokrasie en die verkiesing van die eerste swart president, Nelson Mandela, op 27 April 1994. Diskriminerende wette is afgeskaf en die Konstitusie van die Republiek van Suid-Afrika is opgestel. Dit sluit die Handves van Menseregte in.

 

 

 

 

 

 

 

 

Veranderinge by Stad Kaapstad
  • Sedert 1994 het Kaapstad baie politieke en administratiewe veranderinge ondergaan.
  • In 1996 is die eerste plaaslike verkiesing gehou. Groter Kaapstad is in ses munisipaliteite verdeel plus ‘n Metropolitaanse Raad.
  • In 1999 het die Eenstad-kommissie tot stand gekom om die verandering van sewe munisipale rade tot 'n enkele Unistad te beheer.
Die uitgeskrektheid van Kaapstad in 1993 - Klik daarop!

 

 

 

 

 

 

  • Kaapstad is die stad met die grootste kulturele en politieke diversiteit in Suid-Afrika. Dit het bygedra tot die baie politieke veranderinge in die Stad Kaapstad sedert 1994 (Kaapstad het bv. burgemeesters gehad wat die Nasionale Party, die African National Congress en die Demokratiese Alliansie verteenwoordig).

  • Elke politieke verandering het veranderinge in die bestuur en administrasie van die Stad meegebring. Hierdie veelvuldige veranderinge het 'n negatiewe impak op die beplanning, ontwikkeling, instandhouding en dienslewering in hierdie vinnig groeiende stad gehad.

 

 

 

 

 

 

 

 

Stadspreiding in Kaapstad.Uitdagings van ontwikkeling  
  • Węreldwyd verstedelik lande al hoe meer. In ongeveer 400 stede in die węreld is daar vandag meer as een miljoen inwoners. Verstedeliking hou baie voordele in, maar dit skep ook sosiale en omgewingsprobleme.
  • Binne slegs tien jaar het Kaapstad se bevolking met 700 000 mense toegeneem. Meer as een miljoen mense, of een derde van Kaapstad se bevolking, leef in armoede.
  • Binne 20 jaar (1985-2005) het die ontwikkelde gebied van Kaapstad met 40% gegroei. Vinnige stedelike groei het 'n toenemende behuisingsagterstand en ‘n verouderende infrastruktuur meegebring. Die meeste basiese dienste het egter met die groei in pas gebly.
  • Kaapstad se jaarlikse ekonomiese groeikoers was vir die afgelope dekade gemiddeld 4%. Ten spyte van hierdie groei het werkloosheid oor dieselfde tydperk bykans verdubbel.

 

 

 

 

 

 

 

 

Vinnige stedelike ontwikkeling

Stadig maar seker word ruimte in Kaapstad al hoe meer beperk.Vinnige stedelike ontwikkeling en swak beplanning het druk op die mense en die omgewing in die stad geplaas.

  • Stadspreiding is 'n probleem in Kaapstad. Formele behuisingsontwikkelings en informele nedersettings het oor die hele stad versprei. Stadspreiding verlaag stedelike doeltreffendheid, verhoog die koste van dienste en bring verlies van grond vir landbou, bewaring en ontspanning mee.
  • Onlangse elektrisiteitsvoorsieningsprobleme, sowel as die beskikbaarheid van water, sal waarskynlik in die toekoms nog groter uitdagings bied.
  • Die hoeveelheid afval per persoon neem teen ‘n ontstellende tempo toe en toon sedert 1999 ‘n toename van 60%. Die Stad Kaapstad moes gevolglik ‘n nuwe streeksopvullingsterrein bekom.

 

 

 

 

 

 

 

 

  • Ruimte vir kerkhowe in die stad word ook al kleiner omdat baie laaglandgebiede in die winter deurweek en moerasagtig is. As meer mense verkies om veras te word wanneer hulle tot sterwe kom, sal daar meer grond vir die lewendes beskikbaar wees.
  • Natuurlike gebiede het weens vernietiging van die habitat en indringerplantegroei verlore geraak. Sodoende word die unieke biodiversiteit in die laaglande van die stad bedreig.

Het jy geweet?

Die uitgestrektheid van Kaapstad in 2002 - Klik daarop!

 

 

 

 

 

 

 

Beplanning van volhoubare ontwikkeling in die Stad Kaapstad
  • Suid-Afrika se grondwet waarborg al die burgers van die land die reg op 'n gesonde en volhoubare omgewing.
  • Langtermynbeplanning is noodsaaklik om volhoubare ontwikkeling van stede, dorpe en landelike gebiede te verseker. Ten einde volhoubare ontwikkeling aan te moedig, moet alle munisipaliteite ‘n Geďntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) opstel.
  • In 2001 het die Stad Kaapstad 'n Geďntegreerde Metropolitaanse Omgewingsbeleid (GMOB) ingestel. Met hierdie beleid word beoog om
    • die stad se natuurlike en kulturele erfenis te beskerm;
    • 'n “stedelike rand” te omskryf ten einde stadspreiding te beperk sodat die Stad Kaapstad meer doeltreffend kan funksioneer;
    • volhoubare verbruik van water en energie te bevorder;
    • water- en lugbesoedeling te beheer;
    • vaste afvalstowwe te verminder en te bestuur; en
    • die inwoners van Kaapstad op te voed om volhoubaar te leef.
  • Die Stad Kaapstad beskik oor 'n departement wat planne vir nuwe ontwikkelings nagaan ten einde die negatiewe impak daarvan op die mens en die omgewing te beperk en volhoubare ontwikkeling te bevorder.
  • Die Stad Kaapstad het die gesondheid en volhoubaarheid van die omgewing gemoniteer en die bevindings word jaarliks in 'n Stand van die Omgewing-verslag en, meer onlangs, in 'n Volhoubaarheids-aanduidingsverslag gepubliseer.

 

 

 

 

 

 

 

Die waarde van toerisme
  • Sedert Suid-Afrika 'n demokrasie geword het, het die land 'n gewilde toeristebestemming geword. Toerisme het een van die Stad Kaapstad se belangrikste bedrywe geword. Miljoene mense besoek jaarliks bestemmings soos Tafelberg, Kaappunt, Robbeneiland, Kirstenbosch, die Waterfront en Kaapstad se townships.
  • Dit is belangrik om Kaapstad se natuurlike en kulturele erfenis te beskerm en om sentrums te ontwikkel waar besoekers meer van hierdie erfenis kan leer. Kaapstad moet 'n gewilde toeristebestemming bly en die plaaslike inwoners van werkgeleenthede en 'n inkomste verseker.
  • Ekotoerisme is 'n belangrike volhoubare ontwikkelingsgeleentheid vir Kaapstad.

Het jy geweet?

 

 

 

 

 

 

 

Iets om oor na te dink
  1. Het jy geweet?
    Ons mag dalk dink dat dit belangrik is om die omgewing te bewaar, maar het jy geweet dat die omgewing beskerm word deur Internasionale Ooreenkomste en deur Suid-Afrika se Grondwet en ander wette? Hier word slegs 'n paar daarvan genoem ...

  2. Suid-Afrika se beleide en wette :
    Die Suid Afrikaanse regering het baie beleidstukke en wette opgestel ter beskerming van die omgewing. Hierdie en ander wette kan gevind word op die webtuiste: www.polity.org.zaHier word sleg sommige daarvan genoem...

 

 

 

 

 

 

 

 

Klik op die knoppies om meer uit te vind van die geskiedenis en ontwikkeling van Kaapstad:
 
Representative pic from section Die vroeë bewoners van die Kaap
Vestiging en uitbreiding
Verstedeliking en Apartheid
Ontwikkelings en uitdagings ná Apartheid