Rietvlei Rondevlei

Wat is ín vleiland?

  • Vleilande is gebiede waar land- en water-ekosisteme bymekaarkom.
  • In Ďn vleiland is die grondwatervlak by of naby die oppervlak van die grond. Die land word, hetsy tydelik of permanent, met vlak water bedek.
  • Na gelang van hoeveel dit reŽn en hoeveel grondwater gebruik word (bv. water wat deur plante geabsorbeer word of deur mense met boorgate en putte gebruik word), wissel die stand van die watervlak van een jaar tot die volgende en van een seisoen tot die volgende.
  • Die water in vleilande, soos in getyriviere, kan vars of brak wees. Getyriviere word by riviermonde gevorm: vars water uit die rivier meng met seewater wat in die getyrivier beland wanneer die gety inkom.

 

 

 

 

 

 

Tipes vleilande

Vleilande kom van bo-op berge tot by die see voor. Riviere verbind die vleilande in Ďn opvanggebied.

 

Al hierdie tipes vleilande word in Suid-Afrika aangetref. Almal, met die uitsondering van wortelboommoerasse, kom in Kaapstad voor.

 

 

 

 

 

 

Kaart van vleilande en riviere in
 Kaapstad - klik daarop!

Waar is Kaapstad se vleilande?

  • Daar was altyd baie moeras- en vloedvlakte-vleilande, bekend as vleie, in die laaglande van Kaapstad. In die verlede was die meeste van hierdie vleilande seisoenaal Ė oorstroom in die winter, maar droog in die somer.
  • Die sand is gewoonlik goed gedreineer en die vraag is dus hoe hierdie vleilande in die sandgrond van Kaapstad se laaglande ontstaan het. In baie dele van Kaapstad is daar rotslae (kalkreet, ferrikreet of silkreet) onder die sand. Die klip verhoed dat die water wegsypel; dus word poele gevorm wanneer dit reŽn.
  • Stedelike ontwikkeling het Kaapstad se vleilande radikaal verander. Baie klein vleilande is gedreineer of opgevul, terwyl ander permanente mere geword het omdat hulle groot volumes water kry van stormwaterkanale, bv. Zeekoevlei  en Prinsesvlei.
  • Deesdae is daar baie min seisoenale vleilande in Kaapstad. Die Isoetesvlei by die Edith Stephens-vleilandpark  en seisoenale soutmoerasse by Blouvlei naby Century City is twee voorbeelde daarvan.
  • Kaapstad se belangrikste getyriviere sluit Zandvlei  en Rietvlei  in. Sommige van die kleiner riviere in Kaapstad loop ook in getyriviere in. Getyriviere is lewensnoodsaaklik vir die visbedryf. Hulle dien as bewaarplekke waar klein vissies kan groot word voordat hulle na die see terugkeer.

 

 

 

 

 

 

Biesies en waterbiesies Waterblommejies

Watter plante kom in vleilande voor?

  • Die grond in vleilande is deurdrenk (versuip of moerasagtig) en anaŽrobies. Die plante in vleilande moet dus spesiaal aangepas wees om te kan oorleef.
  • Tipiese vleilandplante sluit in:
    • Plante wat in die water opkom bv. riete, biesies en waterbiesies (rietgras).
    • Gewortelde plante met drywende blare soos waterlelies en waterblommetjies.
    • Drywende plante wat nie in die modder wortelskiet nie. Daar is geen inheemse plante in Suid-Afrika in hierdie kategorie nie.
  • Baie uitheemse plante het die vleilande in Suid-Afrika binnegedring. Die meeste daarvan is drywende plante wat nie in die modder wortelskiet nie, bv. die waterhiasint en waterslaai.
  • Normale landplante kom rondom vleilande voor waar die grond nie deurdrenk is nie.

     

 

 

 

 

 

 

Seekoei Kaapse riverpadda
Platanna Varswaterskilpad
Watter diere kom in vleilande voor?
  • Ďn Wye verskeidenheid van sowel ongewerwelde as gewerwelde diere wat algeheel of gedeeltelik van water afhanklik is, word in vleilande aangetref.
  • Groepe diere wat volop in vleilandgebiede voorkom, sluit insekte (sowel larwes as volgroeides), vis, amfibieŽ, voŽls en soogdiere in.
  • Vleilande is nie slegs vir plaaslike diere belangrik nie, maar ook vir ďinternasionale reisigersĒ! Baie watervoŽls migreer jaarliks uit Europa en AsiŽ om die noordelike winter te vermy en ook ter wille van voedsel. Ons is derhalwe internasionaal daartoe verplig om ons vleilande te bewaar sodat hierdie voŽls kan oorleef.
  • Sommige diere wat vroeŽr in Suid-Afrika voorgekom het, het plaaslik uitgesterf. Europese setlaars het in die vroeŽ agtiende eeu die seekoeie in Kaapstad se vleilande uitgeroei. In die tagtigerjare is hulle weer teruggebring na Rondevlei, net langs Zeekoevlei, wat na hierdie diere vernoem is.

 

 

 

 

 

 

Bewaring van vleilande
  • Vleilande is een van die mees bedreigde ekosisteme in die wÍreld.
  • Suid-Afrika het alreeds meer as die helfte van sy vleilande verloor.
  • Ďn Studie in 2004 het aangetoon dat minder as een persent van die seisoenale vleilande in Suid-Afrika beskerm is.
  • Weens die vinnige verlies en degradering van vleilande, het Suid-Afrika die Ramsar-konvensie, Ďn internasionale ooreenkoms vir die beskerming van vleilande, onderteken.
  • Dit is belangrik om vleilande te bewaar omdat mense en die natuur daarby baat:

     

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Bewaring van vleilande

 

Bontvisvanger Lepelaar
Grootflamink Witpelikaan