Strandveld naby Blouberg Strandveld in die Macassar-duine-natuurreservaat
Waar groei strandveldplante?
  • Strandveldplante groei langs die Weskus en in die Kaapse Vlakte noord van Valsbaai.
  • Strandveld groei in diep, goed gedreineerde sand langs die kus. Hierdie sand waai van strande af na die binneland toe en bevat daarom baie kalsium wat uit skulpfragmente kom. Die kalsium maak die sand alkalies.
  • Die gemiddelde jaarlikse neerslag in strandveld, waar dit meestal in die winter reën, is ongeveer 350 mm.
  • Anders as fynbos- en renosterveld- is baie strandveldplante sukkulent; dus brand die plantegroei nie maklik nie. Indien strandveld wel brand, kan dit baie jare duur voordat die veld herstel.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 Hoe het strandveld aan sy naam gekom?
  • Strandveld is ‘n Afrikaanse woord wat “strandplantegroei” beteken. Dit verwys na die feit dat hierdie tipe plantegroei langs die kus groei.

 

 

 

 

 

 

 

Bosluisbessie (Chrysanthemoides monilifera) Koningskandelaar  (Brunsvigia orientalis)
Witmelkhout (Sideroxylon inerme) Suurvy (Carpobrotus edulis)

Watter plante groei in strandveld?

  • Strandveld bestaan hoofsaaklik uit struike met harde, breë blare en daar groei feitlik geen proteas of erikas nie. Die pH van die grond is te hoog (alkalies) vir die meeste opregte fynbosplante om te kan oorleef.
  • Tipiese strandveldplante sluit in:
  • Bosse witmelkhout, een van Suid-Afrika se beskermde bome, kan in verouderde strandveld, waar die grond ryk aan organiese stowwe is, ontwikkel.

 

 

 

 

 

 

 

 

Molslang besig om  'n Kaapse duinmol te vreet Kaapse duinmol
Jangroentjie Kaapse grysbok
Watter diere leef in strandveld?
  • Baie strandveldplante produseer bessies wat vrugtevretende voëls en ander diere lok.
  • Die Kaapse duinmolle is baie algemeen in strandveld. Hulle kom voor in boorgate waar hulle groot hope sand boontoe stoot. Die molslang aas op molle in hul boorgate.
  • Ander soogdiere soos die Kaapse vaalmuishond (Ictony striatus), Kaapse grysbok en die Kaapse bobbejaan kom ook in strandveld voor.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kaart van strandveld in
 Kaapstad - klik daarop!

Bewaring van strandveld

  • Slegs ongeveer 250 hektaar strandveld uit ‘n totaal van 550 km2 word formeel bewaar.
  • Onlangs het die Stad Kaapstad groot gebiede van strandveld langs die weskus en op die Kaapse Vlakte vir behuising ontwikkel.
  • Hierdie habitat word ook bedreig deur sandmyne, indringerplante en te veel brande.
  • Op die Kaapse Vlakte word die duinstrandveld bedreig. Slegs 5.6% van hierdie habitat word bewaar.