Renosterveld op Seinheuwel Renosterveld op Tygerberg

Waar groei renosterveld?

  • Renosterveldplantegroei het oorspronklik oor die hele fynbosbioom (bv. Kaapstad, Swartland en Overberg) voorgekom.
  • Renosterveld groei in vrugbare kleigrond wat deur verwering van graniet en skalie gevorm is.
  • In Kaapstad word renosterveld op die hellings soos Blaauwberg, Durbanville, Tygerberg, Schapenberg en Seinheuwel aangetref.
  • Renosterveld groei gewoonlik in gebiede waar die winterreënval gemiddeld is: van 300-600 mm per jaar (gemiddelde jaarlikse neerslag = 370 mm).
  • Dit kan brande, wat redelik dikwels voorkom, oorleef.

 

 

 

 

 

 

 Hoe het renosterveld aan sy naam gekom?

Renosterveld beteken letterlik “renoster”-plantegroei. Niemand is seker waar die naam vandaan kom nie, maar daar is drie moontlike verklarings:

  • Renosterveld is vernoem na die swartrenoster wat in hierdie habitat geleef het.
  • Die naam kom van “renosterbos-veld”. Die renosterbos is die algemeenste bossie (struik) in renosterveld. Dit is vernoem na die swartrenoster omdat hy die enigste dier was wat hierdie onsmaaklike bossie gevreet het.
  • Die dowwe, grys kleur van die renosterbos lyk soos die kleur van ‘n renostervel.
Renoster Renosterbos (Elytropappus rhinocerotis)

 

 

 

 

 

 

Rooigras (Themeda triandra) Kapokbossie (Eriocephalus africanus)
Watter plante groei in renosterveld?
  • Renosterveld is een van die drie hooftipes plantegroei in die fynbosbioom. Tipiese fynbosplante soos proteas en erikas is egter nie algemeen in renosterveld nie
  • Tipiese renosterveldplante sluit in:
    • Grassoorte
    • Struike en klein boompies, bv. renosterbos, taaibos, kapokbossie/wilderoosmaryn en olienhout
    • Geofiete van die iris, narsinglelie, hiasint, orgidee en ander plantfamilies

 

 

 

 

 

 

 

Witringkelkiewyn (Geissorhiza radians) Moederkappie (Pterygodium catholicum) Uintjie (Spiloxene capensis)
Blousuurkanol (Aristea lugens) Moraea (Moraea gawleri) Rooi Afrikaner (Gladiolus watsonius)
Bekend vir sy geofiete
  • Renosterveld is bekend vir sy ryke verskeidenheid pragtige, seldsame en endemiese geofiete wat hoofsaaklik in die lente blom.

 

 

 

 

 

Eland Kaapse tiptol
Suurpootjie Rediviva sp
Watter diere kom in renosterveld voor?
  • Omdat renosterveldplante in ryk grond groei, is hulle voedsamer as tipiese fynbosplante. Die wildsbokke, sebras, renosters en olifante wat vroeër in die fynbosbioom voorgekom het, sou hoofsaaklik in renosterveld gewei het om die gras, kruie en bossies daar te vreet.
  • Die Koisan het hul skape en vee hoofsaaklik in renosterveld laat wei. Hulle het die veld dikwels laat brand sodat die gras (vir weiding) en geofiete  wat as voedsel gedien het, kon groei.
  • Baie renosterveldbome en -bossies dra bessies. Dit lok voëls (bv. tiptolle, kraalogies) en ander diere (bv. skilpaaie en bobbejane).
  • In die lente lok renosterveldblomme ‘n groot verskeidenheid bestuiwers soos bye, vlieë, kewers en suikerbekkies.
  • Die suurpootjie is ‘n ernstig bedreigde, endemiese reptiel wat slegs in die renosterveldlaagland aangetref word. Ongelukkig het hy in Kaapstad uitgesterf.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kaart van renosterveld in 
Kaapstad - Klik daarop!

Die bewaring van renosterveld

  • Die oorspronklike inwoners van die Wes-Kaap, die San en die Koisan, het renosterveldplante as kos, geneesmiddels en weiding gebruik. Vanweë hul betreklik klein bevolkings en eenvoudige leefstyl het hulle hierdie ekosisteem nie veel skade aangedoen nie.
  • Die Europese setlaars het permanente plase gevestig en het nie, soos die Koisan-herders, met hul skaap- en beestroppe migreer nie. Dit het gelei tot oorbeweiding van renosterveld.
  • Die setlaars het jag as sport beoefen en hulle het ook wildsvleis geëet. Hulle het die bloubok laat uitsterf en amper die bontebok uitgeroei.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

  • Europese boere het nuwe gewasse en bome, soos sagtevrugtebome, wingerdstokke, koring en gras vir weiding ingevoer. Hulle het dit in gebiede met vrugbare grond (hoofsaaklik in renosterveldgebiede) aangeplant. Deesdae is meer as 80% van die renosterveld-laagland deur hierdie gewasse, bome en weiveld vervang.
  • In die geheel is ongeveer 97% van die renosterveldlaagland deur landbou, uitheemse indringerplante en verstedeliking vernietig.

 

 

 

 

 

 

  • In die Kaapse Floristiese Streek is minder as 2% van die tipes plantegroei in die renosterveldlaagland formeel bewaar. Sommige daarvan is van die mees bedreigde tipes plantegroei in die wêreld!
  • Bewaringsorganisasies en vrywilligers, in samewerking met boere en munisipaliteite, werk daaraan om die oorblywende kosbare gebiede van die renosterveldlaagland in die Wes-Kaap te identifiseer, te karteer en te beskerm. Vir meer inligting, besoek