 |
 |
| Eland |
Kaapse tiptol |
 |
 |
| Suurpootjie |
Rediviva sp |
|
Watter diere kom in renosterveld voor?
-
Omdat renosterveldplante in ryk grond groei, is hulle voedsamer as tipiese
fynbosplante. Die wildsbokke, sebras, renosters en olifante wat vroeër in
die fynbosbioom voorgekom het, sou hoofsaaklik in renosterveld gewei het
om die gras, kruie en bossies daar te vreet.
-
Die Koisan het hul skape en vee hoofsaaklik in renosterveld laat wei.
Hulle het die veld dikwels laat brand sodat die gras (vir weiding) en
geofiete wat as voedsel gedien het, kon
groei.
- Baie renosterveldbome en -bossies dra bessies. Dit lok voëls (bv.
tiptolle, kraalogies) en ander diere (bv. skilpaaie en bobbejane).
- In die lente lok renosterveldblomme ‘n groot verskeidenheid bestuiwers
soos bye, vlieë, kewers en suikerbekkies.
- Die suurpootjie
is ‘n ernstig bedreigde, endemiese reptiel wat slegs in die
renosterveldlaagland aangetref word. Ongelukkig het hy in Kaapstad
uitgesterf.
|