Module 2: Vier laagland-ekosisteme

In die ekologie leer ons dat ‘n ekosisteem ‘n gebied is met bepaalde fisiese toestande waarin ’n bepaalde gemeenskap van plante en diere aangetref word.

In hierdie afdeling leer ons van die vier laagland-ekosisteme in Kaapstad, nl. die renoster-, sand- fynbos-, strandveld-, en die vleiland-ekosisteem. Hierdie ekosisteme is in die fynbosbioom geleë.

 

 

 

 

 

 

Die belangrikste abiotiese faktore wat ‘n invloed in hierdie vier ekosisteme uitoefen, is die
  • tipe grond, en die
  • beskikbaarheid van water.

Klik op die ikons van die kaarte om die tipes grond en waterliggame (waterhoudende plekke) in Kaapstad te vergelyk met die oorspronklike laagland-ekosisteme wat bestaan het voordat die Europese setlaars hier aangekom het.

Gebruik die kaarte

soils map

Grondkaart van Kaapstad
Ekosisteem-kaart van Kaapstad (pre-koloniale plantegroei)

 

 

 

 

 

 

 

Twee tipes fynbos in die berge
  • Op die kaart sal jy twee tipes fynbos opmerk wat op die berge in Kaapstad groei.
     
    • Die fynbos wat groei op die vlak, rotsagtige grondsoorte wat uit sandsteen gevorm is, is as sandsteenfynbos bekend.
    • In sommige gebiede soos Constantia verweer graniet en vorm dan 'n growwe, leemagtige grondsoort eerder as fyn kleigrond. In hierdie gebiede groei 'n spesiale tipe fynbos wat granietfynbos genoem word. Kaapstad se bekende silwerbome groei ook in hierdie gebiede.

 

Sandsteenfynbos Granietfynbos

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Klik op die knoppies om meer van "vier laagland-ekosisteme" uit te vind 
 
Renosterveld: plantegroei in ryk kleigrond wat deur die verwering van graniet of skalie gevorm is.
Sandfynbos: plantegroei in sand met ‘n lae (suur) pH, wat arm aan voedingstowwe is.
Strandveld: plantegroei in kusduinsand met ‘n hoë (alkaliese/basiese) pH.
Vleiland: seisoenale of permanente vogtige of nat gebiede, bv. vleie, mere, getyriviere.