|
Sedert ons die skool se tuin ontwikkel het, is sand nie meer so 'n groot probleem nie. |
|
Ons hou daarvan om gedurende pouses onder die skaduryke bome te sit. |
|
Selfs 'n paar eienaardige reptiele het by ons skool kom woon! |
|
Vandat ons wetenskaplike ondersoeke buite in die tuin doen, het dit groter pret geword om te leer. |
|
Ons tuin lok voëls en vlinders. Dit het nooit voorheen gebeur nie. |
|
Ons het 'n waterwyse tuin. Ons het 'n pragtige skool en hoef nie 'n groot waterrekening te betaal nie. |
|
Buitelandse besoekers het ons skool besoek om te vra hoe ons die tuin ontwikkel het! |
|
Lede van die gemeenskap laat troufoto’s in ons tuin neem! |
|
Wat is inheems? Wanneer ons sê dat iets inheems is, bedoel ons dat dit oorspronklik uit ‘n bepaalde gebied gekom het. As jy dus sê dat pante of diere inheems is, moet jy ook die gebied waarvan jy praat, spesifiseer. Die Kaapse Vlakte-erika is byvoorbeeld inheems in die Kaapse Vlakte tussen Wynberg en Zeekoevlei. Wanneer daar gepraat word van die aanplant van inheemse plante, word dikwels plante bedoel wat in Suid-Afrika inheems is. Die beteken egter nie dat hulle in Kaapstad of selfs in die Kaapse Floristiese Streek inheems is nie. Hulle mag dalk uit die halfwoestyn-gebiede van Namakwaland, die woude van KwaZulu-Natal of die graslande van die Hoëveld kom. As jy ‘n waterwyse tuin wil aanplant, moet jy plante kies wat in die Kaapse streek inheems is, eerder as plante uit die somerreënvalstreke van Suid-Afrika. Dit sal dan nie nodig wees om hulle so dikwels gedurende die droë Kaapse somer nat te lei nie.
|
|
Baie skole in Kaapstad het inheemse tuine geplant. Kyk na die onderstaande redes waarom sommige mense by hierdie skole glo dat inheemse tuine so gewild is:
|
|
Die meeste “inheemse tuine” is nie werklik inheems in die plaaslike gebied nie; inteendeel, die plante is inheems in Suid-Afrika as ‘n geheel. Indien jy besluit om ‘n “mininatuurreservaat” in jou skool of gemeenskap tot stand te bring, of om die plaaslike, gedegradeerde natuurgebied te herskep, is dit uit 'n ekologiese oogpunt ‘n goeie plan om plante te kies wat oorspronklik in jou omgewing geaard het. Variëteite van sommige inheemse plante aard in verskillende dele van die land. Twee voorbeelde daarvan is die bietoubos (Chrysanthemoides monilifera) en die geelhoutboom (Podocarpus latifolius). Die verskillende variëteite verskil effens van mekaar, maar kruisteling kan plaasvind. Jare gelede het die inwoners in Kaapstad die bietoubos en die geelhoutboom uit die Tuinroete ingevoer. Kruisteelt met plaaslike variëteite van hierdie spesies het plaasgevind en basterspesies het ontstaan. Hulle is nie meer dieselfde as die oorspronklike spesies nie. Ten einde plaaslike variëteite van plante te bewaar, moet ons probeer om variëteite in ons tuine te plant wat oorspronklik in Kaapstad geaard het. Werk vir Vleilande, wat riviere en vleilande in Kaapstad herstel, het kwekerye tot stand gebring om variëteite van plante wat oorspronklik op hierdie terreine gegroei het, te propageer. Met die plant van plaaslike inheemse plante help Werk vir Vleilande om nie slegs die diversiteit van spesies te bewaar nie, maar ook om die diversiteit van variëteite binne ‘n spesie te bewaar. Dit is ‘n voorbeeld van genetiese diversiteit. |
|
Klik op die knoppies om meer uit te vind van die volgende:
|