Wat om waar te plant

Om jou te help kies watter plante vir jou eie inheemse tuin by die skool, by die huis of in jou gemeenskap geskik is, gaan na

Lys van Suid-Afrikaanse plante vir Kaapstad se tuine

Die lys verskaf die volgende inligting:

  • Hoe die plant lyk
  • Of die plant inheems in Kaapstad is, of nie
  • Die tipe grond waarin die plant die beste groei
  • Of die plant in baie sonskyn of in skadu groei
  • Of die plant voëls of insekte lok

 

 

 

 

 

 

 

Bespaar water in jou tuin

Maak jou tuin waterwys deur plante te kies wat Kaapstad se lang, droë somers sonder te veel natlei kan oorleef. Die onderstaande waterwyse tuinmaakwenke sal jou help om ‘n tuin te ontwerp wat so min water as moontlik nodig het.

Tuinmaakwenke vir 'n waterwyse tuin (Uit: Water-wise gardening for winter rainfall areas )

  • Kweek waterwyse plante.
  • Plante wat dieselfde hoeveelheid water benodig, moet saam op een plek geplant word om te verhoed dat plante wat min water nodig het, te veel water kry.
  • Hou jou grasperk klein omdat grasperke baie water nodig het. Moenie kikoejoegras plant nie! Dit is as indringerplant verklaar en behoort nie geplant te word nie. Dit het baie water in die somer nodig en dring natuurlike plantegroei, vleilande en strome binne. Buffelsgras is 'n beter keuse vir Kaapstad se tuine.
  • Verwyder onkruid! Dit sal met jou tuinplante om water meeding.
  • Gooi kompos op jou grond. Dit hou die vogtigheid in die grond.
  • Gooi deklaag bo-op die grond om te verhoed dat die sand wegwaai en om verdamping van water uit die grond te verminder.
  • Hou 'n “lewende deklaag” waterwyse grondbedekkers aan die groei.
  • Maart of April, aan die begin van die reënseisoen, is die beste maande om jou plante te plant. Die reën sal die plante nat hou terwyl hulle nog klein is. Hulle behoort die somer dan beter te kan oorleef.
  • Lei in die vroeë oggend of laatmiddag nat en lei deeglik nat sodat die wortels tot diep in die grond kan groei.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Klik op die knoppies om meer uit te vind van die volgende:
  Waarom inheems plant?
  'n Vergroeningservaring by die skool
  Wat om waar te plant