Module 10: Plant inheems

Almal kan bydra tot die herstel van die stedelike natuur en die viering van die plaaslike kultuur in Kaapstad deur inheemse tuine by die skool en tuis te maak. Dit is ’n lekker tydverdryf om 'n tuin te beplan, aan te plant en in stand te hou. Dit is kreatief en baie leersaam; jy kan die vars lug en sonskyn geniet en baat vind by die oefening en selfs 'n inkomste genereer uit die plante wat jy self kweek.

Deur plante te plant wat in jou gebied inheems is, laat jy die plaaslike kultuur lewe. Daar is baie stories aan inheemse plante verbonde. Sommige van hulle word selfs as voedsel en medisyne gebruik. Hulle voorsien ook die stedelike wilde diere van voedsel en bied veilige skuilings waar hulle kan rus en aanteel.

Inheemse tuine is ook 'n waterwyse besluit. Die klimaat is geskik vir plaaslike plante. Jy kan dus 'n pragtige tuin hê sonder dat jy jou oor ‘n groot water-rekening hoef te bekommer. Dit is 'n goeie plan om plaaslike plante by jou skool te plant omdat hulle waarskynlik die lang somervakansie, wanneer daar niemand by die skool is om hulle te versorg en nat te lei nie, die beste sal kan oorleef.

In hierdie afdeling sal ons leer van die voordele van inheemse tuine en van watter plante die beste in Kaapstad aard.

 

 

 

 

 

 

 

Klik op die knoppies om meer uit te vind van die volgende:
  Waarom inheems plant?
  'n Vergroeningservaring by die skool
  Wat om waar te plant