’n Vergroeningservaring by die skool

Levana Primêre Skool: 'n Tuin van Vrede

Kaapstad is baie trots op die Levana Primêre Skool by Lavender Hill. Hierdie skool is al baie jare lank 'n skitterende voorbeeld van 'n skool wat vir sy gemeenskap en vir sy omgewing omgee. In 2003 was Levana Primêr een van die eerste skole in Suid-Afrika wat 'n ekoskool geword het. In 2006 was dit die enigste skool in die Wes-Kaap wat die groen ekoskoolvlag vir die vierde agtereenvolgende jaar ontvang het.

Me Abbas, 'n graad 7-opvoeder wat natuurwetenskappe onderrig, is aktief betrokke by die omgewingsprojekte van die skool. Sy vertel hoe leerders, personeellede en lede van die gemeenskap gehelp het om die sand van die dorre Kaapse Vlakte in pragtige inheemse tuine by Levana Primêr te omskep.   

 

 

 

 

 

 

 



Fadiah Abbas, 'n onderwyseres by Levana Primêr, vertel hoe die skool sy tuine ontwikkel het.
 

 

 

 

 

 

 

 

Die sukses van die Graad 7-tuin het die skool geïnspireer om tuine op ander dele van die skoolterrein te ontwikkel. In 2005 het die hoof, mnr. Nober, 'n Park van Vrede by die ingang van die skool ontwerp. Kirstenbosch het Levana Primêr met behulp van die Vergroen die Nasie-program gehelp.

 

 

 

 

 

 

 

Klik op die knoppies om meer uit te vind van die volgende:
  Waarom inheems plant?
  'n Vergroeningservaring by die skool
  Wat om waar te plant