Ontwerp 'n tuin stapsgewys

Die Kirstenbosch Outreach Greening Programme (Kirstenbosch Uitreik-vergroeningsprogram) help skole al vir meer as tien jaar om inheemse tuine te ontwerp en aan te plant. Tree in verbinding met die Gold Fields Sentrum vir Bewaringsopvoeding by Kirstenbosch om 'n kopie te bekom van Greening South African Schools, 'n handboek wat jou kan help om jou eie inheemse tuin te ontwerp.

Maak 'n minituin

Me Wilana van der Merwe van Groote Schuur Primêre Skool het haar Graad 7-leerlinge die volgende projek laat doen: hulle moes 'n minituin, wat slegs een vierkante meter beslaan, ontwerp en aanplant. Jy kan dit ook doen!

  • Kyk na tuinmaakboeke, -tydskrifte en tuine in jou omgewing om idees te kry wat jou kan help met die ontwerp van jou eie minituin.
  • Besoek 'n plantkwekery om uit vind hoe plante gekweek word.
  • Vind of bou 'n houer vir jou tuin.
  • Besluit watter plante jy gaan gebruik en op watter plekke jy hulle gaan plant.
  • Saai saadjies, maak steggies of soek klein plantjies.
  • Plant en versorg jou minituin ongeveer drie maande lank.
  • Hou aantekeninge oor wat met jou tuin gebeur.
  • Skryf 'n verslag oor hoe jou tuin gegroei het.