Stedelike natuur

Kaapstad, die hoofstad van die Wes-Kaap, is bekend vir sy kulturele en natuurlike diversiteit. Daar woon meer as drie miljoen mense. Hulle is afstammelinge van die eerste bewoners van die Kaap, sowel as van mense van elders in Afrika, Europa, Asië en ander wêrelddele.  

 

 

 

 

 

 

‘n Groeiende stad

Aangesien mense op soek na werk en ‘n woonplek steeds stad toe beweeg, kom daar tans snelle groei in Kaapstad voor. Verstedeliking vind die vinnigste plaas in die laaglande van die stad, veral op die Kaapse Vlakte.

 

 

 

 

 

 

Dit is ‘n groot uitdaging vir Stad Kaapstad om in die behoeftes van hierdie groeiende bevolking te voorsien:
  • Daar is meer as drie miljoen mense in die 2 500 vierkante kilometer van Kaapstad.
  • Minstens 270 000 families het behoefte aan formele behuising.
  • Meer as die helfte van die inwoners van Kaapstad is jonger as 26 jaar.
  • Die algehele werkloosheidsyfer in Kaapstad is 20%, maar in sommige dele van die Kaapse Vlakte is dit meer as 50%.
  • Die gemiddelde HIV/VIGS-infeksiekoers in Kaapstad is 10%, maar in sommige dele van die Kaapse Vlakte is dit 35%.

 

 

 

 

 

 

 

 

Ongeëwenaarde biodiversiteit

  • Kaapstad lê in die hartjie van die Kaapse Floristiese Streek. Daar word meer tipes inheemse plante as in enige ander stad op aarde aangetref.
  • Ontwikkeling plaas stedelike natuur onder druk. Die hoogste tempo waarteen uitsterwing plaasvind in die wêreld kom in Kaapstad voor.
  • In Kaapstad is daar :
    • meer as 2500 inheemse plantspesies: 160 is endemies en 150 word met uitsterwing bedreig;  
    • 250 voëlspesies: 4 word met uitsterwing bedreig;
    • 49 reptielspesies: 3 word met uitsterwing bedreig;
    • 43 soogdierspesies: 3 word met uitsterwing bedreig;
    • 330 visspesies: 3 word met uitsterwing bedreig;
    • 18 amfibiese spesies: 4 word met uitsterwing bedreig.

 

 

 

 

 

 

Hoekom jou kwel oor die laaglande?
Die World Conservation Union (IUCN) [www.iucn.org] beveel aan dat elke land minstens 10% van sy grond moet bewaar. Ongeveer 20% van die Kaapse Floristiese Streek word bewaar. Dit mag lyk asof dit genoeg is, maar as jy dit van nader bekyk, kom jy agter dat die grootste deel van die beskermde gebied in die berge is.

In die Kaapse Floristiese Streek
is ongeveer 95% van die beskermde gebiede in die berge;
word 50% van die berge bewaar;
word slegs 3% van die laaglande bewaar.

 

 

 

 

 

 

 

Die toestand in Kaapstad is baie soortgelyk. In 2004 het die National Spatial Biodiversity Assessment (NSBA) vergelyk hoeveel woud- en laagland-sandfynbos in die stad oorgebly het. Hulle het bevind dat daar ‘n groot verskil tussen die bewaring van berge en laaglande is.
Woudfynbos:
Sandfynbos:
  • 19% of die oorspronklike sandfynbos het oorgebly; minder as 1% word bewaar!
Die meeste mense besef nie dat die plante en diere wat op Tafelberg aangetref word nie dieselfde is as die plante en diere in die laaglande nie.As ons wil verhoed dat plante en diere in Kaapstad vernietig word, moet ons die stad se unieke habitats, berge ingesluit, bewaar.

 

 

 

 

 

 

 

Bewaring van die laaglande
  • Dit is moeilik om die laaglande te bewaar omdat dit baie makliker en goedkoper is om op plat gebiede as teen steil berghellings te bou. In Kaapstad word die beste grond in dele van die laaglande aangetref; gevolglik is groot gebiede baie jare gelede vir landboudoeleindes bewerk. Deesdae is dit bykans onmoontlik om in groot dele van die stad enige tekens te vind van die plante en diere wat oorspronklik daar aangetref is.
  • Die Stad Kaapstad en die Botaniese Vereniging van Suid-Afrika het ‘n aantal terreine geïdentifiseer wat bewaar moet word om te verhoed dat plante en diere uitsterf. Slegs ‘n paar van hierdie plekke is natuurreservate. Baie van die spesiale plante en diere oorleef op oop ruimtes langs die kante van paaie, onder kragdrade, op resiesbaan-eiendomme en op die paar oorblywende onontwikkelde oop ruimtes in die stad. Vir meer inligting oor die bewaring van hierdie terreine, vergelyk Module 6: Bewaring van die natuur in die stad.

 

 

 

 

 

 

 

Die mens het die natuur nodig en, in stede soos Kaapstad, het die natuur ook die mens nodig. Die Biodiversiteitsbestuur-tak van die Stad Kaapstad is betrokke by opwindende projekte wat die mens en die natuur met mekaar in aanraking bring en verseker dat albei daarby baat vind.

Die Stad Kaapstad het ons almal se ondersteuning nodig met die bewaring van die natuur op ons drumpel. Namate jy hierdie modules bestudeer

  • lees oor wat ander doen om die natuur te bewaar;
  • dink oor wat jy, jou skool en jou gemeenskap kan doen om natuurbewaring te bevorder; en
  • tree daadwerklik op en beskerm die natuur sodat die natuur kan voortgaan om ons te beskerm.