|
'n
Voorbeeld, die
genus Moraea:
Op die plakkaat is daar byvoorbeeld
drie plante wat almal aan die genus Moraea behoort:
Moraea aristata,
Moraea elsiae,
Moraea
ramosissima
Daar is nog ook baie ander:
Moraea papilionancea,
Moraea bellendenii,
Moraea fugax,
Moraea gawleri,
Moraea tripetala,
Moraea vegeta
(Plaas jou muis op die wetenskaplike naam
hier bo om uit te vind wat dit beteken en 'n foto van elk te sien.)
- Die generiese naam is Morarea.
- Die spesiename is: aristata, elsiae, ramosissima, flaccida,
papilionancea, bellendenii, fugax, gawleri, Moraea miniata, tripetala,
vegeta, minor.
- Wanneer wetenskaplikes plante of diere vernoem, kies hulle
dikwels name wat beskrywend is, of wat erkenning verleen aan die
persone wat vir die eerste keer die spesie versamel en omskryf het.
Klik op die bogenoemde spesiename om uit te vind waarna of na wie
hulle vernoem is.
- As die name van verskillende spesies in dieselfde genus geskryf
moet word, kan jy die generiese naam afkort
tot een of twee letters soos in hierdie sin: Moraea
ramosissima, M. elsiae en M. aristata is drie plante met pragtige
blomme.
|