|
Kaapstad is die hart van die fynbosbioom. Die Moederstad is węreldbekend
vir sy mense, bestemmings en plante. Die Tafelberg Nasionale Park (www.tmnp.co.za) bewaar die grootste deel van die bergketting van die Kaapse Skiereiland. Maar die meeste inwoners van Kaapstad woon in die laaglande op die Kaapse Vlakte, langs die weskus, in die noordelike voorstede en in die Helderberg-kom. In hierdie laaglandgebiede oorleef verrassend baie unieke plante en diere. Hierdie webwerf stel jou voor aan die natuurskatte van Kaapstad se laaglande. Lees oor hierdie plante, diere en plekke - en wat jy kan doen om hulle te versorg – in die onderstaande afdelings. |
![]() |