|
Vanweë die ryke diversiteit van mense, kulture, plante, diere en landskappe word daar soms na Suid-Afrika as “'n wêreld in een land” verwys. Op hierdie webwerf ontdek ons meer van die natuurlike diversiteit van Kaapstad, een klein deeltjie van Suid-Afrika. In hierdie vinnig ontwikkelende stad oorleef plante en diere soos versteekte skatte op klein natuurgebiede tussen huise, skole en besighede. Hierdie webwerf verskaf inligting wat ons sal help om hierdie diversiteit op ons eie drumpel te versorg. Maar voordat ons daarmee begin, moet ons meer weet van die verskillende natuurstreke wat van Suid-Afrika “‘n wêreld in een land” maak.
|
![]() |