Suid-Afrika se biome

Biomes of beauty!Suid-Afrika se klimaat wissel grootliks van wes na oos, van noord na suid en van die kus tot by die hoëveld.

  • Die westelike dele van die land is droër as die oostelike gedeeltes.
  • In die weste reën dit in die winter, maar die meeste ander streke kry somerreën.
  • Die temperature in die berge en op die hoëveld bereik groter uiterstes as langs die kus.

Hierdie verskillende klimaatsones gee aanleiding tot verskillende tipes plantegroei. Op hulle beurt onderhou hierdie plantegroeistreke elk verskillende diere. Hierdie streke word biome genoem.

Omdat die klimaat en natuurlike hulpbronne van die biome verskil, verskil die mense se bestaanswyses en kulturele praktyke in verskillende dele van die land.

 

 

 

 

 

Suid Afrika se biome (beweeg jou muis oor die onderstaande skakels om elke bioom afsonderlik te sien. Klik op die skakels vir meer inligting.)
 
      Woud
  Fynbos
  Grasland
  Nama-karoo
  Savanna
  Sukkulente-karoo
  Boslandskapbioom
  Alle biome

 

 

 

 

 

 

 

 

Hoe hulle 'n bestaan maak

Het jy al na ander dele van Suid-Afrika gereis? Kom jou familie uit ‘n ander provinsie of streek soos die Noord-Kaap, die Oos-Kaap of die Hoëveld? Hoe lyk dit daar? Hoe verskil dit van Kaapstad?

Kyk na die kaarte van Suid-Afrika, Lesotho en Swaziland en vind uit watter dele van hierdie lande jou klasmaats al besoek het. Watter klimaatstoestande, landskappe, plante, diere, kulturele praktyke en maniere om in jou lewensonderhoud te voorsien, het hulle in die verskillende streke waargeneem?