|
Die fynbosbioom Die fynbosbioom strek oor slegs ongeveer 6.7% (85 000 km2) van Suid-Afrika, maar bevat die meeste plantspesies in die land (ongeveer 7500).
Die grootste deel van die fynbosbioom word langs die kus en in die Kaapse Plooiberge tussen Nieuwoudtville in die noordweste en Port Elizabeth in die ooste aangetref. Die grootste deel van hierdie streek het koue, nat winters en warm, droë somers. Fynbosplantegroei is vlambaar en daar moet met tussenposes brande wees sodat dit kan regenereer. Die fynbosbioom sluit fynbos- sowel as renosterveldplantegroei in. Fynbos is geneig om in arm grond te groei en is baie ryk aan plantspesies. Renosterveld groei in vrugbaarder grond en kan meer diere onderhou.
|
|
Vir meer inligting oor hoe die fynbosbioom bewaar word, besoek die webwerf van die C.A.P.E. -program. |