Suid-Afrika se biome
(terug na Bioomkaart)
Die woudbioom
- Die woudbioom is die kleinste bioom in Suid-Afrika en strek oor slegs
ongeveer 0.1% van die land (1 062 km2).
- Woude strek vanaf seevlak tot hoër as 2000 meter en kom voor in gebiede
waar dit baie reën en waar dit nie ryp nie. In woude is dit nat en klam en
brande kom selde voor.
- Woude bestaan uit bome wat ‘n digte blaardak
vorm, met verskeie lae van plante onder die
blaardak.
- Die grootste en bekendste woude in Suid-Afrika is die Knysna- en
Tsitsikammawoud van die Suid-Kaap.
- Die meeste ander woude is baie klein en geïsoleerd. Hulle sluit duinwoude
in KwaZulu-Natal en bergwoude (bv. teen die hellings van Tafelberg en
die Drakensberge) in.
- Woudplante sluit die volgende in: geelhout-, stinkhout- en ysterhoutbome;
rankplante en epifiete
, sowel as
mosplante en varings.
- Diere sluit bosvarke, bosbokke, ape, Knysna-loeries, duiwe en arende in.
- Tussen 1800 en 2000 is ongeveer 40% van Suid-Afrika se woude vernietig.
Bome is afgekap vir hout en kuswoude is vernietig om plek te maak vir
suikerrietplantasies.
- Deesdae is baie inheemse woude deur plantasies indringerbome (bv.
dennebome) vervang. Die uitkap van inheemse bome in woude word streng beheer.
|