|
Suid-Afrika se biome
(terug na Bioomkaart)
Die Albanië-boslandskapbioom
- Die boslandskapbioom word aangetref vanaf die Weskus tot in KwaZulu-Natal,
met die grootste gedeelte daarvan in die Oos-Kaap. Dit beslaan 2.5% van die
oppervlak van Suid-Afrika (ongeveer 31 500 km2).
- Plantegroei wissel van struikagtige bossies tot lae, woudagtige gedeeltes.
Immergroen en sukkulente bome en struike kom algemeen voor. Baie van die
plante het dorings.
- Afrika-olifante, koedoes, blouapies en bosbokke is van die wilde diere wat
in die boslandskapbioom voorkom.
- Die Subtropical Thicket Ecosystem Plan (Subtropiese Boslandskap
Ekosisteemplan) (STEP)
is opgestel om hierdie streek te bewaar.
|